12 wat in bot­sing ver­kool saam be­gra­we

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

12 men­se wat ses we­ke ge­le­de on­her­ken­baar ver­kool het in ’n taxi-on­ge­luk in Noord­wes is Sa­ter­dag saam be­gra­we.

Die 12 slag­of­fers, on­der wie die be­stuur­der van die taxi, is in die Tswe­le­lang-towns­hip in Wol­ma­rans­stad ter rus­te ge­lê.

Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, Noord­wes se pre­mier, het die fa­mi­lies op die be­graf­nis be­dank vir hul ge­duld ter­wyl die i­den­ti­teit van die slag­of­fers met DNS-toet­se be­ves­tig moes word, het B­ri­an Set­wam­bung, sy woord­voer­der, in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Die 12 slag­of­fers was Man­te­le Mar­tha Ma­lat­si (72), Sets­he­go Glo­ria Booi (52), T­sie Frank Se­ka­mogeng (71), Ke­bitsa­mang An­nah M­sut­wa­na (57), Ke­ri­leng Ba­by Ma­si­re (54), Goit­se­mang Pa­tri­cia Ma­si­re (24), Mi­nah Mo­sa­di­ot­si­le T­ha­be (55), Se­to­ki Ket­ty K­ga­su (28), Mi­miny­a­na Flo­rah N­chu­pang (57), No­si Ma­ria Se­le­ki (64), Sei­ti­so Ma­ria K­ga­la­pa (55) en die tax­i­be­stuur­der, Da­niel Dip­ho­ko (40).

Dr. Mp­ho Mot­l­ha­ba­ne, LUR vir ge­meen­skaps­vei­lig­heid en ver­voer­be­stuur, en No­ni K­ga­bi, bur­ge­mees­ter van die Le­kwaTee­ma­ne-mu­ni­si­pa­li­teit (die Bloem­hof-om­ge­wing), het die mas­sa­be­graf­nis ook by­ge­woon. Die taxi het op 8 A­pril om­streeks 21:00 tus­sen Ot­tos­dal en Wol­ma­rans­stad reg van voor teen die nuts­voer­tuig van die 47ja­ri­ge Ber­nie Nel, ’n boer in die om­ge­wing, ge­bots. Hy is op slag dood.

Nel se tien­ja­ri­ge seun, Ber­nie jr., is uit die voer­tuig ge­slin­ger. Sy een en­kel is ver­gruis en die an­der een ge­breek, hy het er­ge har­sing­skud­ding op­ge­doen en sy bors­been is be­seer.

Die taxi het aan die brand ge­slaan en heel­te­mal uit­ge­brand.

Ber­nie jr. het fi­siek goed her­stel en is ’n paar dae ná die on­ge­luk uit die hos­pi­taal ont­slaan.

Nel is op 19 A­pril in Wol­ma­rans­stad be­gra­we.

Vol­gens die pre­mier moet die fi­na­le ver­slag oor die oor­saak van die on­ge­luk nog uit­ge­reik word.

Van die kis­te op die mas­sa­be­graf­nis Sa­ter­dag in Wol­ma­rans­stad, waar 12 slag­of­fers van ’n taxi­on­ge­luk ter rus­te ge­lê is. Fo­to: FA­CE­BOOK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.