Ree­va se droom kry ge­stal­te deur s­tig­ting

Beeld - - Nuus - Ja­son Fe­lix

Die ver­moor­de Ree­va S­teen­kamp se droom was dat al­le vroue in ’n vei­li­ge sa­me­le­wing en huis kan woon. Daar­die droom word el­ke dag, stap vir stap, werk­lik­heid, sê haar ma, Ju­ne.

Sy het ge­praat by die eer­ste ont­byt­ge­leent­heid van die Ree­va Re­bec­ca S­teen­kamp-s­tig­ting wat Sa­ter­dag in Kaap­stad ge­hou is.

Sy sê haar dog­ter het groot dro­me ge­had vir ’n vreed­sa­me wê­reld waar­in vroue vei­lig kan wees.

Kim Mar­tin, uit­voe­ren­de hoof van die s­tig­ting, het ver­wys na on­lang­se ge­val­le van ge­weld teen vroue en het die na­me ge­noem van tal­le vroue wat ver­moor of ver­krag is.

S­teen­kamp is op 14 Fe­bru­a­rie 2013 deur haar kê­rel, die Pa­ra­lim­pie­se at­leet Os­car Pis­to­ri­us, dood­ge­skiet.

“Vroue word daag­liks ver­krag en ver­moor. Die sy­fers is skok­kend. Wat nog skok­ken­der is, is dat baie ge­val­le nie aan­ge­meld word nie,” sê Mar­tin.

Die s­tig­ting sal al­le vroue help. “Ryk of arm kan ons kon­tak. Stuur vir ons e-pos of kon­tak ons deur die so­si­a­le me­dia. Ons is daar om te help, on­ge­ag wie jy is.”

’n Jaar­lik­se beurs is in­ge­stel vir ’n fi­na­le­jaar­stu­dent in die reg­te en pro bo­no-regs­ad­vies word aan­ge­bied. Die lang­ter­myn­plan is om ’n vei­li­ge ha­we vir vroue in Port E­li­za­beth te be­gin, sê Mar­tin.

Hul­le be­soek ook sko­le en die

doel is om el­ke dag iets te doen om ’n ver­an­de­ring te­weeg te bring.

Mark Grob­be­laar, stig­ter van Wo­men InPo­we­red (WIP), wat vroue help om hul­self te ver­de­dig,

het ver­tel van sy ver­hou­ding met Ree­va.

“Ek het twee we­ke voor­dat Ree­va ver­moor is met haar ge­praat. Ek wou graag hê sy moet saam met ons werk,” sê hy.

Ju­ne S­teen­kamp, Ree­va se ma, en Kim Mar­tin, uit­voe­ren­de hoof van die Ree­va Re­bec­ca S­teen­kamp­s­tig­ting. Fo­to: JA­SON FE­LIX

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.