2 wat ho­rings wou stroop swaar ge­straf

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Twee mans wat re­nos­ters in die Ma­ba­ling­we-na­tuur­re­ser­vaat bui­te Be­la-Be­la in Lim­po­po wou stroop, is elk tot 18 jaar tronk­straf ge­von­nis.

Sak­kie Ma­la­za (36) en Ma­na­beng Ma­kua (64) is Don­der­dag in die streek­hof in Mo­di­mol­le (Nyl­stroom) ge­von­nis.

Hul­le en ’n mak­ker, wat steeds soek is, het op 27 Fe­bru­a­rie 2013 ’n draad ge­knip om by die re­ser­vaat in te kom.

Twee po­li­sie­le­de van die pro­vin­si­a­le tak­tie­se re­ak­sie­een­heid het Ma­la­za en Ma­kua op­ge­merk.

Ma­la­za is in heg­te­nis ge­neem. Hy het ’n jag­ge­weer by hom ge­had.

Ma­kua en die mak­ker het ’n byl laat val toe hul­le weg­hard­loop.

Die po­li­sie het in­lig­ting ver­sprei oor die voer­tuig en le­de van die po­li­sie se vee­dief­stal­een­heid het dit in Mo­di­mol­le voor­ge­keer.

Ma­kua het be­stuur.

Die po­li­sie het ’n mes en am­mu­ni­sie in die voer­tuig ge­kry.

Die der­de man was skoon­veld.

Die po­li­sie het op nog am­mu­ni­sie in Ma­kua se huis in Boschkop bui­te P­re­to­ria be­slag ge­lê. Die hof het die twee mans se weer­ga­we dat die po­li­sie hul­le vals be­skul­dig het, ver­werp.

Hul­le is tot 18 jaar tronk­straf ge­von­nis weens die on­wet­ti­ge be­sit van ’n vuur­wa­pen en am­mu­ni­sie wat hul­le wou ge­bruik om re­nos­ters te stroop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.