200 kry al van­jaar ma­la­ria in dié ge­bied

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die de­par­te­ment van ge­sond­heid in M­pu­ma­lan­ga het span­ne na die Bos­bok­rand-ge­bied ge­stuur na­dat meer as 200 ge­val­le van ma­la­ria daar aan­ge­meld is.

Lui­dens ’n ver­kla­ring van die Na­si­o­na­le In­s­ti­tuut vir Oor­draag­ba­re Siek­tes (Ni­os) is ’n uit­bre­king van ma­la­ria in dié lan­de­li­ke ge­bied ver­klaar.

Twee men­se wat in die Tintswa­lo-hos­pi­taal in Bos­bok­rand vir ma­la­ria be­han­del is, is aan die siek­te dood.

Die ma­la­ria kom in ver­al die A­corn­hoek-, die Ma­ri­te- en die Se­vil­le-ge­bied in Bos­bok­rand voor.

Dit het ge­beur ter­wyl ’n ho­ër voor­koms van ma­la­ria in Lim­po­po, as­ook in Suid-A­fri­ka se buur­lan­de Mo­sam­biek, Zim­bab­we, Botswa­na en de­le van Na­mi­bië, aan­ge­meld is.

In Lim­po­po is meer as 2 000 ge­val­le van ma­la­ria die af­ge­lo­pe twee we­ke aan­ge­meld.

P­hi­lip Kru­ger, di­rek­teur ge­moeid met ma­la­ria in die de­par­te­ment van ge­sond­heid in Lim­po­po, sê so­wel die ho­ër tem­pe­ra­tu­re en re­ën­val as die bui­ten­ge­woon hoë voor­koms van ma­la­ria in die buur­lan­de het tot meer ma­la­ri­a­ge­val­le in Lim­po­po en M­pu­ma­lan­ga ge­lei.

In die laas­te week van A­pril is 1 251 ma­la­ri­a­ge­val­le in Lim­po­po aan­ge­meld. Nog 876 ma­la­ri­a­ge­val­le is in die eer­ste week van Mei in die V­hem­be- en die Mo­pa­ni-dis­trik, waar die siek­te en­de­mies is, aan­ge­meld.

Ma­la­ria is en­de­mies aan die noord­oos­te­li­ke de­le van Lim­po­po en de­le van M­pu­ma­lan­ga, die Kru­ger­wild­tuin en K­waZu­luNa­tal.

Vol­gens Ni­os is daar in die 2016-’17-ma­la­ri­a­sei­soen, wat van Sep­tem­ber 2016 tot A­pril 2017 strek, 9 478 ma­la­ri­a­ge­val­le land­wyd aan­ge­meld.

76 men­se is aan die siek­te dood.

In die oor­een­stem­men­de tyd in die 2015-’16-sei­soen is 58 men­se aan ma­la­ria dood en 6 375 ge­val­le land­wyd aan­ge­meld.

Die voor­koms van ma­la­ria was in die 2014-’15-sei­soen baie ho­ër. 11 539 ge­val­le is land­wyd aan­ge­meld.

130 men­se is toe aan ma­la­ria dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.