Mu­ni­si­pa­li­teit moet R1 m. op­dok oor slag­gat

Beeld - - Nuus - Mi­ke van Rooy­en

Die Mat­j­ha­beng-mu­ni­si­pa­li­teit in die Vry­staat moet meer as R1 mil­joen op­dok na­dat ’n mo­tor­fiets­ry­er erns­tig be­seer is toe hy ’n slag­gat by Vi­r­gi­nia ge­tref en die pad ver­laat het.

Die mu­ni­si­pa­li­teit moet ook S­te­ven Hey­den­reich (32) se regs­kos­te be­taal, het die waar­ne­men­de reg­ter­pre­si­dent in die Vry­staat, Cag­ney Mu­si, ge­las.

Lui­dens die hof­stuk­ke was die nek­be­se­rings wat Hey­den­reich, van O­den­daals­rus, op­ge­doen het, so erns­tig dat hy by­na ’n kwa­dru­pleeg was.

Hy sal vir die res van sy le­we pyn en on­ge­mak van dié en an­der be­se­rings ver­duur.

Hy is ’n mo­to­re­lek­tri­si­ën in Wel­kom.

Weens sy rug­be­se­rings suk­kel hy om te buk en o­ral by te kom, soos sy werk ver­eis.

Na­ma­te hy ou­er word, sal dié be­per­kings toe­neem, lui ’n ver­slag.

Die on­ge­luk het op Nu­we­jaars­dag in 2011 in Val­ley­ry­laan-Suid in Vi­r­gi­nia ge­beur. Die mo­tor­fiets van R83 000 is on­her­stel­baar be­ska­dig.

In sy eis het Hey­den­reich be­weer die mu­ni­si­pa­li­teit was na­la­tig deur die pad nie be­hoor­lik in stand te hou, te in­spek­teer en her­stel­werk daar­aan te doen nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.