Nog eeue oue mum­mies ge­vind

Beeld - - Wêreld­beeld -

’n Eeue oue graf­kel­der met min­stens 17 mum­mies daar­in is in die E­gip­tie­se pro­vin­sie Min­ja ont­dek.

Die graf­kel­der, so­wat 8 m on­der die grond, be­vat doodskis­te van kalk­steen en klei.

Die mees­te van die mum­mies daar­in is on­ge­skon­de.

Daar is ook ge­skrif­te op pa­pi­rus.

Die graf­kel­ders is deur stu­den­te aan die U­ni­ver­si­teit van Ka­ïro met be­hulp van ra­dar­toe­rus­ting so­wat 250 km suid van die hoof­stad, Ka­ïro, ge­vind.

Na­vor­sers het nog nie die pre­sie­se ou­der­dom van die mum­mies be­paal nie, maar voor­lo­pi­ge be­vin­dings dui daar­op dat dit kom uit E­gip­te se G­rieks-Ro­mein­se era – die tyd­perk van so­wat 600 jaar na­dat A­lex­an­der die Gro­te die land in 332 v.C. ver­o­wer het.

Die E­gip­tie­se re­ge­ring het die vonds ver­wel­kom. Dit kan die suk­ke­len­de toe­ris­me­be­dryf ’n hup­stoot gee, het C­ha­led elA­na­ni, mi­nis­ter van oud­he­de, ge­sê toe die vonds die na­week be­kend ge­maak is.

Die graf­kel­der is een van ’n reeks op­spraak­wek­ken­de vonds­te die laas­te tyd in E­gip­te.

Die re­ge­ring hoop die vonds­te sal die land se beeld in die bui­te­land ver­be­ter en meer toe­ris­te lok.

Die stroom toe­ris­te wat on­der meer die pi­ra­mi­des be­soek het, het ge­kwyn se­dert po­li­tie­ke woe­lin­ge die land in 2011 ge­tref het.

Daar was on­der meer aan­val­le op ker­ke deur le­de van die ter­reur­groep I­sis.

Prof. Sa­lah al-C­ho­li, lei­er van die span ar­ge­o­lo­gie­stu­den­te, ver­moed dat daar tot 32 mum­mies in die graf­kel­der

kan wees.

Je­hia Ra­sjed, E­gip­te se mi­nis­ter van toe­ris­me, het in A­pril ge­sê die jong­ste vonds­te kan daar­toe lei dat tot 10 mil­joen toe­ris­te die land van­jaar be­soek.

In 2010 het 14,7 mil­joen bui­te­lan­ders die land be­soek.

Toe­ris­me is ’n be­lang­ri­ke e­le­ment van die land se e­ko­no­mie

en ’n on­ont­beer­li­ke bron van bui­te­land­se va­lu­ta.

On­der die vonds­te die laas­te maan­de is die 3 000 jaar oue graf­kel­der van ’n a­del­li­ke, 12 graf­kel­ders van so­wat 3 500 jaar ge­le­de en ’n reu­se-stand­beeld, ver­moe­de­lik van ko­ning P­sam­me­tich 1, wat van 664 tot 610 v.C. ge­re­geer het.

’n Mum­mie in ’n graf wat pas in die Min­ja­pro­vin­sie in E­gip­te ont­dek is. Daar is min­stens 17 mum­mies in die graf­kel­der. Fo­to’s: REU­TERS

’n Man klim uit die graf­kel­der in die Min­ja­pro­vin­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.