Kom­mer oor mis­siel wat ver reik

Dit land na­der aan Rus­land as aan Ja­pan

Beeld - - Wêreld­beeld -

Noord-Ko­rea het gis­ter ’n bal­lis­tie­se mis­siel af­ge­vuur on­danks wê­reld­wye be­roe­pe dat hy sy wa­pen­pro­gram ver­klein.

Die VSA het ge­sê hy pro­beer nog vas­stel pre­sies wat­ter soort mis­siel ge­bruik is, maar dit “is nie soort­ge­lyk aan ’n in­ter­kon­ti­nen­ta­le bal­lis­tie­se mis­siel” nie.

To­mo­mi I­na­da, Ja­pan­se mi­nis­ter van ver­de­di­ging, het ge­sê die mis­siel kan ’n nu­we soort wees.

Die mis­siel het 700 km ver ge­trek en ’n hoog­te van so­wat

2 000 km be­reik, sê amp­te­na­re in Suid-Ko­rea en Ja­pan.

Dit is ver­der en ho­ër as die mis­siel wat Noord-Ko­rea in Fe­bru­a­rie ook uit die Koeson­g­streek, noord­wes van die hoof­stad, P­jong­jang, ge­vuur het.

Noord-Ko­rea word daar­van ver­dink dat hy ’n in­ter­kon­ti­nen­ta­le mis­siel met ’n kern­plof­kop ont­wik­kel wat die VSA

sal kan be­reik. Pres. Do­nald Trump van die VSA het ge­sê hy sal se­ker maak dit ge­beur nie.

Hy het ver­le­de maand ge­sê “groot, groot kon­flik” met Noord-Ko­rea is ’n moont­lik­heid, maar hy sal ’n di­plo­ma­tie­ke o­plos­sing vir die span­ning oor Noord-Ko­rea se op­tre­de ver­kies.

’n In­ter­kon­ti­nen­ta­le bal­lis­tie­se mis­siel kan tot 6 000 km ver trek.

Ken­ners sê die hoog­te wat gis­ter se mis­siel be­reik het, be­te­ken dit is van ’n hoë tra­jek ge­lan­seer, wat die la­te­ra­le af­stand wat dit kan be­reik, sou be­perk.

As dit teen ’n stan­daard­tra­jek af­ge­vuur is, sou dit min­stens 4 000 km ver kon ge­trek het.

Ja­pan sê die mis­siel het 30 mi­nu­te lank ge­vlieg voor­dat hy in die see tus­sen Noord-Ko­rea se oos­kus en Ja­pan ge­val het.

Noord-Ko­rea toets ge­reeld mis­sie­le in daar­die rig­ting.

“Die lan­se­ring kan be­slis ’n nu­we mis­siel met ’n lang reik­af­stand wees,” het Jo­na­than M­cDo­well van die Har­vard S­mit­hso­ni­an-sen­trum vir as­tro­fi­si­ka ge­sê. “Dit is be­slis kom­mer­wek­kend.”

Trump het in Washing­ton ge­sê Rus­land is se­ker­lik nie ge­diend met die ge­beu­re nie aan­ge­sien die mis­siel na­der aan Rus­land as aan Ja­pan ge­land het.

D­mitri Pe­skof, woord­voer­der van pres. Wla­di­mir Poe­tin, het ge­sê Poe­tin en pres. Xi Jin­ping van C­hi­na het die si­tu­a­sie op die Ko­re­aan­se skier­ei­land be­spreek, waar­on­der die jong­ste mis­siel­lan­se­ring, en al­bei lei­ers het hul “toe­ne­men­de kom­mer” uit­ge­spreek.

Pres. Moon Jae-In van SuidKo­rea het die jong­ste op­tre­de deur Kim Jong-oen, Noor­dKo­re­aan­se lei­er, gis­ter sterk ver­oor­deel.

Dit kan be­slis ’n nu­we soort met ’n lang reik­af­stand wees.

Fo­to: AP

Kim Jong­oen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.