Nu­we pre­si­dent sê hy sal Fran­se ver­e­nig

Beeld - - Wêreld­beeld -

Em­ma­nu­el Ma­cron het gis­ter by sy in­hul­di­ging as Fran­se pre­si­dent in die É­lysée-pa­leis in Pa­rys ge­sê hy sal sy bes doen om die on­e­nig­heid in die Fran­se sa­me­le­wing te pro­beer oor­kom.

Die 39-ja­ri­ge sen­tris­tie­se po­li­tie­ke nu­we­ling en voor­ma­li­ge be­leg­gings­ban­kier was net d­rie jaar ge­le­de nog on­be­kend aan die pu­bliek en is nie deel van ’n tra­di­si­o­ne­le po­li­tie­ke groep nie. Ma­cron het Ma­ri­ne le Pen van die Na­si­o­na­le Front, wat ten guns­te is van ’n Frank­ryk wat meer op hom­self fo­kus, om die pre­si­dent­skap ge­klop.

Baie Fran­se voel ver­ont­reg deur glo­ba­li­se­ring na­ma­te se­ke­re werk­ge­leent­he­de na an­der lan­de ver­skuif en ’n snel­ver­an­de­ren­de wê­reld hul Fran­se i­den­ti­teit ver­steur.

“Die on­e­nig­heid en kra­ke in ons sa­me­le­wing moet oor­kom word. Ek weet dat die Fran­se baie van my ver­wag. Niks sal in my pad staan om Frank­ryk se be­lan­ge te be­skerm en die Fran­se te ver­e­nig nie. Die wê­reld en Eu­ro­pa het Frank­ryk nou meer as ooit te­vo­re no­dig.”

Ma­cron het gis­ter ’n uur met die uit­tre­den­de pre­si­dent, François Hol­lan­de, ver­ga­der toe die land se kern­bom­lan­seer­ko­des aan hom oor­han­dig is.

Na­dat hy saam met Hol­lan­de na dié se mo­tor ge­stap het, is die tra­di­si­o­ne­le goue ket­ting aan hom ge­gee.

Dié ket­ting maak hom ’n Groot­mees­ter van die Na­si­o­na­le Or­de van die Le­gi­oen van Eer, ’n eer­be­wys wat aan die­naars van Frank­ryk toe­ge­ken word.

Fo­to: AP

Pres. Em­ma­nu­el Ma­cron gis­ter by die Arc de T­ri­omp­he in die Fran­se hoof­stad, Pa­rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.