Dit is dalk nóg sleg­ter nuus vir ‘groen’ krag

Beeld - - Sake - Fran­cois Wil­li­ams

In die kon­teks van R58 mil­jard se nu­we be­leg­gings in “groen” krag en meer as 13 000 kon­struk­sie­werk­ge­leent­he­de wat deur E­s­kom ver­traag word, is die her­aan­stel­ling van B­ri­an Mo­le­fe as uit­voe­ren­de hoof nie ge­rus­stel­lend nie.

Só sê B­ren­da Mar­tin, voor­sit­ter van die SA Raad vir Her­nu­ba­re E­ner­gie (Sa­rec) en uit­voe­ren­de hoof van die Suid-A­fri­kaan­se Win­d­e­ner­gie­ver­e­ni­ging (Sa­wea).

Mar­tin sê Sa­rec stem saam met die ANC-ver­kla­ring dat Mo­le­fe se her­aan­stel­ling by E­s­kom “on­ge­luk­kig en roe­ke­loos” is.

“Mo­le­fe word ge­ïm­pli­seer in die o­pen­ba­re be­sker­mer se ver­slag oor staat­skaping, wat steeds nie ver­der on­der­soek is nie. Mo­le­fe het goeie kor­po­ra­tie­we be­stuur ge­meld as die re­de vir die ont­rui­ming van sy pos, maar nie veel het se­dert­dien by E­s­kom ver­an­der nie,” sê Mar­tin.

“Baie het wel die af­ge­lo­pe we­ke in Suid-A­fri­ka ver­an­der. Ons sien die voort­du­ren­de uit­wer­king van die ka­bi­net­s­kom­me­ling op 1 A­pril, en met die uit­ge­rek­te ver­tra­ging in krag­koop­kon­trak­te met ‘groen’ krag­pro­jek­te en werk­ver­lie­se wat toe­neem, is Suid-A­fri­ka op koers vir nog ’n kre­die­taf­gra­de­ring.”

E­s­kom ver­traag se­dert ver­le­de jaar al die bou van nu­we wind- en son­krag­aan­leg­te wat in die vier­de ron­de van die re­ge­ring se “groen” krag­pro­gram as voor­keur­bie­ërs aan­ge­wys is.

Tot 37 pro­jek­te word ver­traag weens E­s­kom se op­tre­de.

Die aan­leg­te kan nie hul fi­nan­sie­ring be­klink son­der ’n krag­koop­kon­trak van E­s­kom nie. In­ge­vol­ge die oo­reen­koms met die de­par­te­ment van e­ner­gie is E­s­kom ver­plig om krag­koop­kon­trak­te met die pro­jek­te te sluit, maar E­s­kom wei­er, want hy be­weer “groen” krag is te duur en kom op ver­keer­de tye in die net­werk – wan­neer E­s­kom nie die krag so drin­gend no­dig het nie.

Dit was reeds on­der Mo­le­fe se vo­ri­ge be­wind by E­s­kom dat die krag­mo­no­po­lie be­gin wei­er het

om nu­we krag­koop­kon­trak­te te sluit, en die “groen” krag­be­dryf is dus nie hoop­vol dat din­ge sal ver­be­ter as hy te­rug­keer nie.

Die be­dryf het oor die af­ge­lo­pe d­rie jaar eg­ter be­leg­gings van meer as R194 mil­jard na die land ge­lok en dui­sen­de werk­ge­leent­he­de ge­skep, sê Sa­rec.

Pres. Ja­cob Zu­ma het in sy staats­re­de vroeg in Fe­bru­a­rie be­lo­we E­s­kom sal “bin­ne­kort” die sluit van krag­koop­kon­trak­te met “groen” krag­pro­jek­te sluit, maar se­dert­dien het niks nog ge­beur nie.

M­ma­mo­lo­ko Ku­bayi, mi­nis­ter van e­ner­gie, het in A­pril ’n ge­leent­heid waar die krag­koop­kon­trak­te ge­sluit sou word, uit­ge­stel, want sy moes eers ver­ga­der met Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, on­der wie se toe­sig E­s­kom val.

In­tus­sen het E­s­kom-vak­bon­de ook teen die gro­ter ge­bruik van “groen” krag be­gin be­toog om­dat E­s­kom die be­plan­de slui­ting van vier steen­kool­krag­sta­sies aan die gro­ter aan­koop van “groen” krag ge­kop­pel het.

’n Uit­sig op Mulilo Sonnedix se son­krag­aan­leg na­by P­rie­ska in die Noord­Kaap. Tot 37 sul­ke “groen” krag­pro­jek­te kan nie ge­bou word nie weens E­s­kom se wei­e­ring om krag­koop­kon­trak­te te sluit. Die te­rug­keer van B­ri­an Mo­le­fe na E­s­kom is vol­gens die “groen” krag­be­dryf nie ge­rus­stel­lend nie. Fo­to: MULILO SONNEDIX

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.