An­ton Ru­pert jr. dalk gou lid van Ri­che­mont se di­rek­sie

Beeld - - Sake - Nel­lie Brand­Jon­ker en Niel Jou­bert

Die Suid-A­fri­kaan­se sa­ke­man Jo­hann Ru­pert het Vry­dag­og­gend aan­ge­kon­dig sy seun An­ton Ru­pert word as di­rek­sie­lid van die in­ter­na­si­o­na­le luuk­se­goe­de­re­groep Ri­che­mont be­noem.

Aan­deel­hou­ers gaan op sy jaar­ver­ga­de­ring stem oor ne­ge nu­we di­rek­teu­re, in­slui­tend An­ton.

Die Ru­pert-fa­mi­lie be­sit die groot­ste be­lang in Ri­che­mont. Ru­pert is die voor­sit­ter. Ri­che­mont se aan­deel­prys het Vry­dag ge­daal na­dat die luuk­se­goe­de­re­groep la­er ver­ko­pe en aan­sien­lik la­er wins vir die boek­jaar tot ein­de Maart be­kend ge­maak het.

Die maat­skap­py se ver­ko­pe het met 4% tot €10,6 mil­jard ge­daal.

Sy wins vir die jaar het met 46% ge­val, van €2,23 mil­jard ver­le­de jaar na €1,21 mil­jard van­jaar.

Ri­che­mont se aan­deel­prys was Vry­dag teen slui­tings­tyd 5,39% la­er op R108,00 per aan­deel.

Ri­che­mont be­sit ju­we­liers­han­dels­na­me soos Car­tier en ver­skeie S­wit­ser­se hor­lo­sie­ma­kers, soos Bau­me & Mer­cier, IWC, Ja­e­ger-LeCoul­t­re en Pi­a­get.

Die maat­skap­py sê die da­ling in wins weer­spie­ël on­der meer die een­ma­li­ge wins in die vo­ri­ge boek­jaar van €639 mil­joen toe Net-a-Por­ter met Yoox saam­ge­smelt het.

Jo­hann Ru­pert, voor­sit­ter, sê eg­ter wins vir die jaar was ver on­der die

vo­ri­ge jaar se vlak. Selfs son­der die een­ma­li­ge hup­stoot in die vo­ri­ge boek­jaar sou van­jaar se wins steeds met 24% ge­val het.

Ri­che­mont se la­er be­dryfs­wins en ’n om­swaai in net­to fi­nan­sie­rings­kos­te het ook by­ge­dra tot die la­er wins.

Die maat­skap­py se be­dryfs­wins het met 14% ge­daal en fi­nan­sie­rings­kos­te het €160 mil­joen be­loop, ver­ge­le­ke met ’n net­to fi­nan­sie­rings­in­kom­ste van €2 mil­joen in die vo­ri­ge jaar.

Sy we­sens­ver­dien­ste het met 33%,

van €1,626 mil­jard tot €1,079 mil­jard, ge­daal.

Ru­pert sê die af­ge­lo­pe jaar was moei­lik. Hy sê die maat­skap­py het eg­ter sterk kon­tant­vloei en ’n sterk ba­lans­staat wat hom in staat stel om te fo­kus op die skep van waar­de vir aan­deel­hou­ers oor ’n lang ter­myn.

Ri­che­mont is ’n “u­nie­ke on­der­ne­ming met uit­ste­ken­de lan­ter­myn­voor­uit­sig­te,” sê Ru­pert.

Oor An­ton Ru­pert se aan­stel­ling word ge­sê dit “sal ver­de­re in­sig gee in die ver­an­de­ren­de ver­brui­kers­ge­drag van ons tei­ken­mark­te, ver­al in die de­le van di­gi­ta­le be­mar­king en web­ge­gron­de han­del.

“An­ton het die af­ge­lo­pe agt jaar om­vat­ten­de bloot­stel­ling aan al die groep se sa­ke ge­had.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.