Om­stre­de di­rek­teur weg by Oak­bay

Beeld - - Geklassifiseerd - Niel Jou­bert

Die Gup­ta-fa­mi­lie se myn­bou­maat­skap­py Oak­bay Re­sour­ces and E­ner­gy het Vry­dag “met groot spyt” aan­ge­kon­dig dat die om­stre­de Mark Pa­mensky as di­rek­teur be­dank het.

Pa­mensky was ’n on­af­hank­li­ke nie-uit­voe­ren­de di­rek­teur van die maat­skap­py en ook voor­sit­ter van die ou­dit­ko­mi­tee, as­ook lid van ver­skeie an­der ko­mi­tees, on­der meer die e­tiek- en ver­goe­dings­ko­mi­tee.

Pa­mensky het in No­vem­ber as nie­uit­voe­ren­de di­rek­teur van E­s­kom be­dank, skaars ’n week na­dat B­ri­an Mo­le­fe as uit­voe­ren­de hoof be­dank het.

Al­bei is in adv. T­hu­li Ma­don­se­la, voor­ma­li­ge o­pen­ba­re be­sker­mer, se ver­slag oor staat­skaping ge­noem. Mo­le­fe en Pa­mensky is ge­dag­vaar om te ge­tuig in Ma­don­se­la se on­der­soek na die Gup­tas se ten­ta­kels en in­vloed.

Pa­mensky is in E­s­kom se di­rek­sie aan­ge­stel so­wat d­rie maan­de na­dat hy by Oak­bay aan­ge­stel is.

Pa­mensky se be­dan­king geld van 10 Ju­nie.

Die maat­skap­py sê hy sal da­de­lik be­gin met die pro­ses om ’n di­rek­teur in sy plek aan te stel.

Die di­rek­sie het Pa­mensky be­dank vir sy “har­de werk en waar­de­vol­le by­drae tot die maat­skap­py”.

In Maart het Ja­c­ques Roux, Oak­bay se uit­voe­ren­de hoof, be­dank, skaars vyf maan­de na­dat hy die lei­sels oor­ge­neem het.

Mark Pa­mensky

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.