Kum­ba ver­wag sty­ging van 20% in ver­dien­ste

Beeld - - Geklassifiseerd - El­vi­ra Wood

Kum­ba Iron Ore sê hy ver­wag sy ver­dien­ste en we­sens­ver­dien­ste vir die half­jaar tot ein­de Ju­nie gaan min­stens R602 mil­joen of 20% ho­ër wees.

Dié fi­li­aal van Ang­lo A­me­ri­can wat ys­ter­erts ver­al in die Noord-Kaap myn, sê sy we­sens­ver­dien­ste was R3,009 mil­jard en sy ba­sie­se ver­dien­ste R2,974 mil­jard ’n jaar ge­le­de. Sy we­sens- en ba­sie­se ver­dien­ste per aan­deel was toe on­der­skei­de­lik R9,41 en R9,30.

Die sty­ging in ver­dien­ste is glo te dan­ke aan ho­ër pry­se vir ys­ter­erts wat uit­ge­voer word.

Ang­lo het in Fe­bru­a­rie 2016 ’n dras­tie­se plan be­kend ge­maak om van meer as die helf­te van sy my­ne ont­slae te raak. Die maat­skap­py het ge­sê hy wil van Kum­ba ont­slae raak as deel van die gro­ter plan om van ys­ter­erts en steen­kool te ont­trek.

Hy het se­dert­dien ge­sê hoe­wel hy steeds nie sy oor­hoof­se plan­ne ver­an­der het nie, hy nie on­der druk is om vin­nig van ba­tes ont­slae te raak nie. Hy hou Kum­ba vir eers as deel van sy por­te­feul­je.

Kum­ba het Dins­dag teen R155,42 op die JSE be­gin ver­han­del.

Kum­ba het on­langs sy Sis­hen­myn in die Noord­Kaap ge­her­struk­tu­reer en le­wer nou ys­ter­erts teen min­der as $40 per ton.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.