Am­sa ‘trek steeds swaar’

Beeld - - Geklassifiseerd - El­vi­ra Wood

Ar­cel­orMit­tal Suid-A­fri­ka (Am­sa) sê hy trek steeds swaar en hy gaan ver­der kos­te be­snoei en sy lang­staal­be­dry­wig­he­de her­sien in ’n po­ging om kop bo wa­ter te hou.

Die staal­reus sê in ’n Sens-ver­kla­ring hy het 30 000 t staal in die kwar­taal tot ein­de Maart ver­koop. Dit is 3,4% min­der as in dié tyd­perk ’n jaar ge­le­de.

Hy sê die af­na­me is hoof­saak­lik weens die swak­ker in­ter­na­si­o­na­le vraag na lang­staal­pro­duk­te.

Ver­ko­pe van lang­staal­pro­duk­te het met 27,7% ge­daal, ter­wyl dié van plat­staal­pro­duk­te met 10,7% ge­styg het.

Am­sa waar­sku dat on­ge­ag die 10%-in­voer­ta­rief die in­voer van staal steeds hoog bly op 257 000 t in die kwar­taal teen­oor die 310 000 t ’n jaar ge­le­de.

“Am­sa hou by sy stand­punt dat ’n o­plos­sing ge­vind moet word om die stroom­af-be­dryf teen goed­koop klaar- en half­ge­maak­te pro­duk­te wat in­ge­voer word te be­skerm,” sê hy in die ver­kla­ring.

“Ons gaan voort om met die re­ge­ring en die stroom­af-be­dryf in ge­sprek te tree oor die toe­pas­sing van vei­lig­heids­maat­re­ëls en i­ni­si­a­tie­we om die plaas­li­ke vraag te sti­mu­leer.”

Am­sa se aan­deel­prys het Vry­dag teen R7,70 op die JSE be­gin ver­han­del.

Am­sa se staal­aan­leg in Van­der­bijl­park, Gau­teng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.