Hoog­ge­regs­hof be­slis klop­jag­te op mark­a­gen­te was wel wet­tig

Beeld - - Geklassifiseerd -

Die vars­pro­duk­mark­a­gent Far­mers Trust se hof­aan­soek om ’n on­der­soek oor prys­vas­stel­ling te stuit, was on­suk­ses­vol.

Die Me­de­din­gings­kom­mis­sie het gis­ter ge­sê die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria het die aan­soek om die kom­mis­sie se las­brief ter­sy­de te stel met kos­te van die hand ge­wys.

Dié mis­luk­te aan­soek volg op klop­jag­te wat die kom­mis­sie op 23 Maart by ne­ge vars­pro­duk­te­mark­a­gen­te in P­re­to­ria en Jo­han­nes­burg uit­ge­voer het weens be­weer­de oor­tre­dings van die Me­de­din­gings­wet. Dit is die dag daar­na op­ge­volg met soort­ge­ly­ke klop­jag­te in Dur­ban en Kaap­stad.

Daar is land­wyd so­wat 30 vars­pro­duk­mark­a­gen­te. So­wat ses van die a­gen­te oor­heers so­wat 80% van die vars­pro­duk­te­mark.

Far­mers Trust het in die hoog­ge­regs­hof ge­sê die las­brief moes nie op ’n drin­gen­de grond­slag uit­ge­reik word nie en ver­kla­rings in die aan­soek vir die drin­gen­de las­brief het op hoor­sê be­rus. Hy het ook vol­ge­hou dat hy voor­af oor die las­brief in­ge­lig moes word.

Die hof het daar­op ge­wys dat die kom­mis­sie die klag­te deeg­lik moet kan on­der­soek.

“Die Me­de­din­gings­kom­mis­sie het re­de­li­ke gron­de om te ver­moed die a­gen­te het oor­een­ge­kom om pry­se en han­dels­om­stan­dig­he­de vir die ver­skaf­fing van vars vrug­te en groen­te vas te stel, en dat dié op­tre­de na be­we­ring voort­duur,” sê Sip­ho Ng­we­ma, woord­voer­der van die kom­mis­sie, in ’n ver­kla­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.