Mon­nas bo in mod­der

Beeld - - Sport -

’n Geyk­te rug­by­uit­druk­king lui dat ’n nat veld die groot­ste ge­lyk­ma­ker tus­sen twee teen­stan­ders is.

En dít was Sa­ter­dag in P­re­to­ria die rei­ne waar­heid toe die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof met die Ho­ër­skool Mo­nu­ment krag­te ge­meet het in ’n Juk­skei-der­by.

Die re­ën het mee­do­ën­loos neer­ge­giet, die spel is kort­ston­dig weens weer­lig on­der­breek en Mon­nas het die arm­druk­ke­ry op die mod­de­ri­ge veld na­el­skraap met 20-17 ge­wen.

Dit was eg­ter geen­sins mak­lik vir die span van Kru­gers­dorp nie. Hy het van meet af aan baie druk op die tuis­span se doel­lyn uit­ge­oe­fen, maar Klo­fies se ver­de­di­ging was rots­vas. Mon­nas se los­ska­kel, Jo­na­than Vil­joen, het aan­vank­lik die tuis­span ge­reeld laat om­draai met slim tak­tie­se skop­werk in die een­de­weer.

Ná so­wat tien mi­nu­te se spel, het Klo­fies eg­ter be­gin ont­dooi en prag­ti­ge rug­by ge­speel. Dit was juis ’n aan­skou­li­ke ag­ter­lyn­be­we­ging wat tot Wa­ter­kloof se eer­ste d­rie deur die reg­ter­vleu­el, Se­an du Plooy, ge­lei het.

Die los­ska­kel, Ul­rich Ma­ritz, het ver­doel en en­ke­le mi­nu­te la­ter met ’n straf­doel ge­slaag om aan sy span ’n vroeë voor­sprong van 10-0 te gee.

Vil­joen het Mon­nas se re­ke­ning met ’n straf­doel ge­o­pen voor­dat die skeids­reg­ter, Pie­ter Ma­ritz, die spel in die 25ste mi­nuut weens weer­lig on­der­breek het. Die re­ën het 20 mi­nu­te lank uit­ge­sak, maar die don­der­weer het op­ge­hou en die spel kon op ’n sop­nat veld her­vat word.

Die on­der­bre­king het dalk die wind so iet­wat uit die tuis­span se sei­le ge­haal, want in die tien mi­nu­te voor die om­draai­slag het die be­soe­kers met mening te­rug­ge­veg. Die span se voor­spe­lers het kort voor die rus­tyd ver veld ge­wen, waar­na die skrum­ska­kel, Ti­nus Com­brin, skerp ge­breek het en die bal à la Son­ny Bill Wil­li­ams aan sy slot C­ris­ten van Nie­kerk be­sorg het wat oor­ge­duik het vir ’n d­rie.

Die rus­tyd­tel­ling van 10-10 was ’n wa­re weer­spie­ë­ling van die taai stryd.

Die re­ën het ’n skop­stryd in die t­wee­de helf­te tot ge­volg ge­had. Mon­nas het lyn­skop­pe as hul ver­ko­se aan­slag ge­bruik, ter­wyl Klo­fies hul­le tot ho­ë­hangskop­pe ge­wend het.

Die weer het han­te­ring ui­ter­aard be­moei­lik en Klo­fies het ’n fout van Mon­nas uit­ge­buit vir hul vol­gen­de d­rie, deur Brad­ley M­cGeer.

Daar­na het Klo­fies weer in be­heer van sa­ke ge­lyk, maar Mon­nas se Lar­ko Lin­des het met ’n stuk­kie bril­jan­te spel

die skaal weer in die be­soe­kers se guns ge­swaai.

Hy het Klo­fies se vleu­el PJ Kru­gell in sy eie ge­bied om­ge­dop, die bal by hom af­ge­neem en sy ore soos ’n vlak­haas plat­ge­trek om die bal langs die pa­le te gaan plant. Die tel­ling was weer met 17-17 ge­lyk­op.

Daar­na was die stryd deur­gaans in die weeg­skaal, met al­bei span­ne wat tal­le han­teer­fou­te be­gaan het.

Met die uur­glas wat be­gin leeg­loop het, het ’n ge­lyk­op­uit­slag ge­dreig. Maar Vil­joen het ’n straf­doel oor­ge­sool om sy span as die oor­win­naars te­rug te laat keer huis toe.

Fran­co S­chut­te, Mon­nas se steel­kant­flank, het weer met sy uit­ha­ler­spel be­ïn­druk. Die span se ha­ker, Mor­né Brandon, was ook weer goed en die agt­ste­man en kap­tein, PJ Ja­cobs, het Klo­fies hoof­bre­kens be­sorg.

PJ Ja­cobs, Mo­nu­ment se agt­ste­man en kap­tein, duik sy naam­ge­noot PJ Kru­gell, vleu­el van Wa­ter­kloof. Fo­to: MA­RI­US NOR­TJÉ

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.