Bois­haai brul in Bloem­fon­tein

Beeld - - Sport - Mar­nus Kok

Die Ho­ër Jon­gen­skool Paarl (Bois­haai) is nou amp­te­lik die bes­te sko­le­rug­by­span in die land.

Eer­gis­ter was die der­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar dat G­rey-kol­le­ge in dié sko­le se jaar­lik­se wed­stryd teen Bois­haai vas­ge­val het.

Waar die vo­ri­ge twee jaar se oor­win­nings (28-18 in 2016 en 2119 in 2015) mis­kien nie heel­te­mal as weg­hol­oor­win­nings be­skou kan word nie, was Bois­baai eer­gis­ter ge­mak­lik baas.

Die eind­tel­ling van 46-31 vlei eint­lik vir G­rey, wie se pro­ble­me voor­langs be­gin het.

Bois­haai se bril­jan­te los­ska­kel, Ab­ner van Ree­nen, wat met sy bal­ver­sprei­ding be­ïn­druk het, het met vyf doel­skop­po­gings mis­luk.

G­rey was eer­ste op die tel­bord toe die skrum­ska­kel, Ross Brau­de, soos ’n mes deur die be­soe­kers se ver­de­di­gers ge­sny het om oor te duik.

Bois­haai het ge­weet die sleu­tel tot ’n se­ge was voor­langs. Die agt­ste­man en kap­tein, Franc­ke Horn, het van voor ge­lei en saam met die ha­ker, Wil­helm Bar­nard, die stryd om die los­bal ge­mak­lik ge­wen. Dat Bois­haai met straf­skop­pe wat bin­ne tref­af­stand aan hul­le toe­ge­ken is, eer­der die kant­lyn op­soek het, spreek van hul ge­loof in hul agt­tal. Met reg ook. Hul eer­ste twee drieë deur Bar­nard en die flank Vi­an Fou­rie was die ge­volg van suk­ses­vol­le rol­maal­be­we­gings.

Met G­rey wat met rus­tyd ’n ef­fen­se voor­sprong (17-15) ge­niet het, was daar ’n ge­voel dat die Bloem­fon­tei­ners met ’n se­ge kon weg­stap.

Maar ’n d­rie deur Bois­haai se lin­ker­vleu­el, Lu­ka Fer­rei­ra, kort ná rus­tyd was die eer­ste van vyf in dié helf­te wat die le­we stel­sel­ma­tig uit die Bloem­fon­tei­ners ge­wurg het.

G­rey se ge­vaar­li­ke ag­ter­spe­lers, die sen­ters Ri­kus P­re­to­ri­us en Jan­co van Hey­nin­gen, en die heel­ag­ter, Da­vid K­riel, het bit­ter min van die bal ge­sien. Die Bloem­fon­tei­ners het voor­langs af­ge­tjop en ook te veel han­teer­fou­te ge­maak.

Dié se­ge is Bois­haai se 46ste ag­ter­een­vol­gens in Suid-A­fri­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.