Le­wis en Se­bas­ti­an in ril­ler­ren

Beeld - - Sport - – bbcsport.com en skysports.com

Dis súl­ke ril­ler-ren­ne wat For­mu­le Een-ren­ne no­dig het.

Le­wis Ha­mil­ton (Mer­ce­des) het gis­ter in Bar­ce­lo­na die S­paan­se Grand P­rix ge­wen toe hy die ge­rui­te vlag 3.4 se­kon­des voor Se­bas­ti­an Vet­tel (Fer­ra­ri) ont­vang het.

Dit was na­el­skou tot aan die ein­de en die mees span­nen­de ren in van­jaar se reeks.

Ha­mil­ton, wat eer­ste weg­ge­spring het, het sy 55ste oor­win­ning in For­mu­le Een-ren­ne be­haal.

Vet­tel het Ha­mil­ton reeds in die eer­ste draai ver­by­ge­steek en dit het in ’n he­wi­ge twee­stryd ont­wik­kel.

Ha­mil­ton het Vet­tel eers in die 44ste rond­te in­ge­haal en end­uit aan sy voor­sprong vas­ge­klou van­weë ’n sag­ter­ban­de­stra­te­gie. Dit was Ha­mil­ton se t­wee­de oor­win­ning van­jaar en hy het die pun­te­ver­skil in die wê­reld­kam­pi­oen­skap tus­sen hom en Vet­tel ná vyf ren­ne tot slegs 6 pun­te laat krimp.

Ha­mil­ton en Vet­tel het heel­te­mal oor­heers en Da­niel Ric­ci­ar­do (Red Bull), wat der­de was, het 75.8 se­kon­des ná Ha­mil­ton klaar­ge­maak.

Ser­gio Pe­rez (For­ce In­dia) was vier­de, Este­ban O­con (For­ce In­dia) vyf­de en Ni­co Hul­ken­berg (Re­nault) ses­de. Hul­le het al­mal ’n rond­te ná Ha­mil­ton en Vet­tel ge­ëin­dig.

“Dit was uit­put­tend en ek dink ek het 2 ki­lo­gram ver­loor. Dís wat in mo­tor­ren­ne moet ge­beur. Dís wat in el­ke ren in dié sport­soort no­dig is. Ek is nou al tus­sen 24 en 25 jaar by mo­tor­ren­ne be­trok­ke, maar dit voel soos my eer­ste se­ge,” het Ha­mil­ton ge­sê.

Vol­gens Vet­tel het hy en span al­les in hul ver­moë ge­doen om voor te bly.

“Toe daar geen an­der ja­er was nie, het hy ver­by my ge­skiet.”

Fo­to: AP

V­reug­de! Le­wis Ha­mil­ton (Mer­ce­des) laat die von­kel­wyn vloei na­dat hy gis­ter in Bar­ce­lo­na die S­paan­se For­mu­le Een Grand P­rix ge­wen het. Dit was Ha­mil­ton se 55ste oor­win­ning in For­mu­le Een­ren­ne, sy t­wee­de in die S­paan­se Grand P­rix en ook sy t­wee­de se­ge van­jaar. Se­bas­ti­an Vet­tel (Fer­ra­ri) was t­wee­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.