S­tor­mers se ‘ge­hei­me’ ses­sie

Da­mi­an, Ju­an en Se­a­be­lo toon geen te­kens van be­se­rings

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

’n Ge­slo­te vriend­skap­li­ke wed­stryd tus­sen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie en SA o.20-span het Vry­dag vir die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie Fleck, ’n ge­leent­heid ge­gee om van sy sleu­tel­spe­lers wed­stryd­fiks te kry vir die Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Blues op Nu­we­land.

Daar word ver­neem dat die S­pring­bok-sen­ters Da­mi­an de Al­len­de en Ju­an de Jongh, as­ook die flank Ryn­hardt El­stadt, en die vleu­el Se­a­be­lo Se­nat­la vir die WP ge­speel het.

Geen­een van dié s­pe­lers het be­se­rings op­ge­doen nie en Fleck kan dit erns­tig oor­weeg om aan sy ag­ter­lyn en los­voor­spe­ler­kom­bi­na­sie te ver­an­der vir Vry­dag­aand se stryd teen die Blues.

Die ver­wag­ting is dat De Al­len­de op bin­ne­sen­ter ge­kies sal word in ’n skuif wat daar­op ge­mik sal wees om die S­tor­mers mak­li­ker oor die voor­deel­lyn te kry. So­doen­de kan hul­le meer mo­men­tum op die aan­val kry.

Daar wag kopkrap op Fleck oor hoe hy De Jongh sal aan­wend, want die jon­ge­ling op bui­te­sen­ter, EW Vil­joen, is een van die S­tor­mers se bes­te ag­ter­spe­lers van­jaar.

Hy is ook meer fi­siek. Een van die S­tor­mers se groot pro­ble­me was juis dat daar nie ge­noeg groot en fi­sie­ke s­pe­lers in hul ag­ter­lyn was nie.

Aan die an­der kant is De Jongh ’n ge­re­ken­de s­pe­ler met sy ver­moë om die ver­de­di­ging te or­ga­ni­seer. Sy er­va­ring kan dalk die per­fek­te teen­voe­ter wees vir sy ver­wag­te reg­streek­se teen­stan­der, Ge­or­ge Mo­a­la.

’n An­der keu­se is om De Al­len­de op die vleu­el te kies en De Jongh op bin­ne­sen­ter in S­haun T­ree­by sy plek, maar dit sal on­be­proef­de kom­bi­na­sies in die mid­del­veld en ag­ter­ste drie­hoek skep.

Se­nat­la kan waar­de toe­voeg tot die ag­ter­ste drie­hoek, maar Fleck sal ver­sig­tig moet na­dink wat­ter een van Dil­lyn Leyds of C­heslik Kol­be dalk plek sal moet maak.

Op hui­di­ge spel­peil sal Leyds waar­skyn­lik be­houe bly, maar reg­ter­vleu­el toe skuif so­dat Se­nat­la die nr.11-trui kan dra.

Die an­der keu­se is om Se­nat­la as ’n troef­spe­ler van die plaas­ver­van­gers­bank af te ge­bruik.

Voor­langs be­hoort daar ook et­li­ke ver­an­de­rings te wees, met die Bok-slot­paar van E­ben Et­ze­beth en Pie­ter-S­te­ph du Toit, as­ook die vas­kop­stut Frans Mal­her­be, wat be­skik­baar is.

Du Toit het die af­ge­lo­pe twee wed­stry­de flank ge­speel, maar kan te­rug­skuif slot toe nou­dat El­stadt be­skik­baar is om spie­re aan die los­voor­spe­ler-kom­bi­na­sie te gee.

Dit kan dus ’n aan­sien­lik ster­ker S­tor­mers-span wees wat Vry­dag speel as dié een wat twee na­we­ke ge­le­de net 22-41 teen die Hur­ri­ca­nes ver­loor het.

Da­mi­an de Al­len­de kan sen­ter of vleu­el speel. Fo­to’s: GALLO IMAGES

Se­a­be­lo Se­nat­la word dalk as im­pak­spe­ler in­ge­span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.