C­hee­tahs stuur SOS aan Po­ko­me­la

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Die Vry­staat XV-tal is sy kap­tein en agt­ste­man, Ju­ni­or Po­ko­me­la, kwyt na­dat hy hom bin­ne­kort in Nieu-See­land by die C­hee­tahs sal aan­sluit.

Po­ko­me­la het gis­ter­aand na Ni­euSee­land ge­reis na­dat hy ’n SOS ont­vang het om die vu­ri­ge los­voor­spe­ler Tier S­choe­man te ver­vang.

S­choe­man is ver­le­de week met bloed­klon­te in sy kuit en lon­ge in ’n Nieu-See­land­se hos­pi­taal op­ge­neem.

Po­ko­me­la het Vry­dag in Bloem­fon­tein nog die Vry­staat XV-tal aan­ge­voer in die Su­perS­port-uit­daag­stryd teen G­rie­kwas, wat sy span met 30-32 ver­loor het.

Die C­hee­tahs se brei­er, Fran­co S­mith, het uit Nieu-See­land laat weet dat S­choe­man in Auck­land ag­ter­ge­bly het ter­wyl die span na Wel­ling­ton ge­reis het.

“Hy (S­choe­man) sal op 23 Mei deur ’n klomp pro­fes­so­re ge­ë­va­lu­eer word. As hy dan fiks ver­klaar word om te reis, moet die lug­diens dit eers goed­keur voor­dat hy huis toe kan gaan.

“Die kan­se is skraal, aan­ge­sien van die klon­te in sy long is. Die werk­lik­heid is dat hy dalk vir ’n maand in Auck­land sal wees,” sê S­mith.

S­mith sê hy sien daar­na uit dat Po­ko­me­la hom by die groep sal aan­sluit vir die oor­bly­wen­de twee wed­stry­de van hul toer.

Po­ko­me­la, wat ver­le­de jaar die Ju­ni­or S­pring­bok­ke in ’n wed­stryd ty­dens die Ju­ni­or Wê­reld­kam­pi­oen­skap in Man­ches­ter aan­ge­voer het, het hom in No­vem­ber van die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie-Kings af by die Vry­staat aan­ge­sluit.

Hy het sy Su­per­rug­by-bui­ging vir die C­hee­tahs in die wed­stryd teen die C­hiefs ge­maak.

Po­ko­me­la sê hy kry nou ’n ge­leent­heid wat hy met al­bei han­de wil aan­gryp.

“Ek het glad nie ver­wag om op­ge­roep te word nie, maar ek sal hard werk om die span te haal. Dit is ’n ge­leent­heid wat ek wil ge­bruik en ek weet ’n groot uit­da­ging wag op my,” sê Po­ko­me­la.

Die C­hee­tahs speel Sa­ter­dag teen die Hur­ri­ca­nes in Wel­ling­ton en sluit die toer af met ’n wed­stryd teen die Sun­wol­ves op 27 Mei in To­kio, Ja­pan.

S­mith sê hy ver­wag dat die wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes hul moei­lik­ste van die sei­soen sal wees.

“Hul­le is ’n top­span en is ge­laai met All Blacks. In die na­week se wed­stryd teen die Cru­sa­ders was daar 14 All Blacks in hul span en ’n e­nor­me uit­da­ging wag op ons. Ons het reg­tig ’n baie moei­li­ke wed­stryd wat voor­lê, mis­kien die moei­lik­ste een van die sei­soen,” sê S­mith.

Die Hur­ri­ca­nes het Sa­ter­dag met 12-20 teen die on­oor­won­ne Cru­sa­ders vas­ge­val.

Ju­ni­or Po­ko­me­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.