Reynolds laat Goue Leeus wen

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

’n Straf­doel in die dood­snik­ke deur S­haun Reynolds het gis­ter­mid­dag aan die Goue Leeus ’n broek­skeur­se­ge van 28-27 be­sorg in hul Su­perS­port-uit­daag­wed­stryd teen die Val­ke in Jo­han­nes­burg.

Daar­mee is die Leeus ná d­rie wed­stry­de on­oor­won­ne en gee hul­le die pas aan in die uit­daag­reeks se noor­de­li­ke af­de­ling.

In gis­ter se an­der wed­stryd in die Goud­stad het die Pu­mas Na­mi­bië se Wel­witschi­as met 64-8 ge­klop.

■ In die sen­tra­le af­de­ling het die Lui­perds Sa­ter­dag hul rie­me vir die eer­ste keer van­jaar styf­ge­loop toe hul­le met 32-5 deur ’n Haaie-vyf­tien­tal in Mar­ga­te af­ge­stof is.

Ja­c­ques Ver­meu­len, ’n voor­ma­li­ge SA o.20-flank wat deur die Haaie by die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie ge­gaps is, was die held met ’n d­rie­kuns aan drieë.

Die Lui­perds bly die pas­aan­ge­ër in die sen­tra­le af­de­ling, maar G­rie­kwas, wat ’n wed­stryd min­der ge­speel het, is bin­ne be­reik.

G­rie­kwas het juis Vry­dag in Bloem­fon­tein ’n Vry­staat-vyf­tien­tal in ’n ril­ler­stryd met 32-30 ge­klop. Dit was dank­sy ’n d­rie laat in die wed­stryd deur die blits E­de­ries A­rend­se. ■ In die sui­de­li­ke af­de­ling het die Bo­land-Ka­va­liers die eer­ste keer in d­rie pro­beer­slae ge­wen deur die SWD-A­ren­de Vry­dag­aand in Ge­or­ge met 15-8 te klop.

Vyf straf­doe­le deur die heel­ag­ter Di­van Nel het dié stryd tus­sen die ag­ter­os­se in die Ka­va­liers se guns be­klink.

In die Oos-Kaap­se der­by in Port E­li­za­beth, het die Grens die OPKings Sa­ter­dag met 20-17 ver­slaan.

Die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie het ’n los­loot­jie ge­had en bly die voor­lo­per in die dié af­de­ling. Grens het ewe veel liga­pun­te.

Ja­c­ques Ver­meu­len in ak­sie. Fo­to: GALLO

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.