‘Dit was be­ter’

Druk op Bul­le bly kwaai

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Ro­bert du P­reez Sa­ter­dag­aand in Port E­li­za­beth. Te mid­de van ’n drin­gen­de om­draai­plan vir die Bul­le en ge­rug­te dat Hey­ne­ke Mey­er kan te­rug­keer Lof­tus Vers­feld toe, is die Bul­le-brei­er, Nol­lis Ma­rais, se fo­kus vier­kant op die na­week se Juk­skei-der­by.

Hoe­wel die Bul­le Sa­ter­dag in P­re­to­ria ver­ras het toe hul­le so by­na die High­lan­ders in die Su­per­reeks ge­klop het, maan Ma­rais die druk op hom en sy span is aan die toe­neem.

En Sa­ter­dag wag die om­ge­suk­kel­de Leeus in Jo­han­nes­burg ná hul­le on­oor­won­ne uit Aus­tra­lië te­rug­ge­keer het.

“Ons het baie be­ter ge­speel, maar ons moes ge­wen het (die High­lan­ders het met 17-10 ge­see­vier). Ek word ge­meet aan se­ges.

“As ons nie met die reg­te in­ge­steld­heid op­daag nie, sal ons weer 50 pun­te teen die Leeus kry.

“Ons kom teen ’n span te staan wat met baie self­ver­troue speel en ek het groot re­spek vir hul­le.”

Die Bul­le het ver­le­de sei­soen in die oor­een­stem­men­de krag­me­ting met die Leeus 20-56 op Lof­tus slae ge­kry.

Ma­rais-hul­le sal Maan­dag vir dié gro­te be­gin voor­be­rei ná die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) Sa­ter­dag­aand be­kend ge­maak het hy het ’n om­draai­plan in wer­king ge­stel “om hul ver­to­nings op en af van die veld af te ver­be­ter”.

Hoe­wel dit nie dui­de­lik is pre­sies wat die plan be­hels nie, sê die u­nie hy is van plan om wyd te kon­sul­teer.

Mey­er, ’n voor­ma­li­ge hoof­af­rig­ter van die Bul­le en die S­pring­bok­ke, se naam word ge­noem.

Hy het ver­le­de week by die be­kend­stel­ling van ’n 10’s-toer­nooi wat vol­gen­de maand in Mau­ri­ti­us ge­hou word, ge­skerts Ma­rais is baie vei­lig in sy pos, toe hy oor ’n moont­li­ke te­rug­keer ge­pols is.

Die BBM het in ’n ver­kla­ring ge­sê hy gaan ad­vies kry by “ver­skeie rol­spe­lers in die be­dryf, in­slui­tend voor­ma­li­ge s­pe­lers, af­rig­ters en an­der fo­rums”.

Ma­rais sê hy glo hy het steeds die Bul­le-raad se steun, “maar ek be­sef ook dit is nie ’n goeie sei­soen nie”.

“Die raad het my aan­ge­stel en ek sal e­ni­ge be­sluit wat ge­neem word ver­wel­kom.”

Hy was ver­heug dat sy span teen die High­lan­ders na­by ge­kom het aan ’n op­skud­ding.

Dit was ein­de­lik die jong slot RG Sny­man se rooi­kaart in die 71ste mi­nuut wat die deur­slag vir die be­soe­kers ge­gee het.

Dié span­ne was in daar­die sta­di­um op 10-10 ge­lyk­op en die plaas­ver­van­ger-stut Con­raad van Vuur­en se “wen­drie” is in die pro­ses nie toe­ge­ken nie.

Die All Black-sen­ter Ma­la­kai Fe­ki­toa het so­wat vier mi­nu­te la­ter deur­ge­sny om die uit­klop­hou Hoe’s daai? Ma­la­kai Fe­ki­toa, die High­lan­ders­sen­ter, kort na­dat hy Sa­ter­dag op Lof­tus Vers­feld die wen­drie teen die Bul­le ge­druk het.

te plant.

“RG het, af­ge­sien van daar­die fout, ’n baie goeie wed­stryd ge­speel.

Hy is eint­lik maar nog ’n kind en ek sal hom se­ker nog ’n skop op die ag­ter­ent gee,”

het Ma­rais ná die wed­stryd ge­sê.

Die Bul­le-brei­er sê die tal­le jong s­pe­lers wat in die span was, het be­na­druk daar wag ’n blink toe­koms op Lof­tus.

Fo­to: GALLO IMAGES

Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.