Als­haun gee hom­self ’n vroeë ge­skenk

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Als­haun Bock, een van die Sout­hern Kings se groot hel­de eer­gis­ter­aand in die Su­per­rug­by­wed­stryd teen die Haaie in Port E­li­za­beth, het hom­self ’n vroeë ver­jaars­dag­ge­skenk ge­gee met sy skit­ter­ver­to­ning.

“Ek word Dins­dag (mô­re) 35 jaar oud, so hier­die was ’n groot oom­blik,” het Bock ná die Kings se oor­win­ning van 35-32 ge­sê. “Dit was die lek­ker­ste ding wat ek nog op die rug­by­veld be­leef het.”

Bock, wat twee van die Kings se vier drieë ge­druk het, het boon­op eers d­rie ure voor die af­skop ge­hoor hy moet speel.

Hy het die og­gend nog op­ge­staan met die doel om vir die OP-Kings in ’n voor­wed­stryd teen die Grens-Bul­l­dogs te speel.

Wan­di­le M­je­ke­vu, wat as reg­ter­vleu­el ge­kies is, het siek ge­word en moes hom ont­trek.

Voor eer­gis­ter het Bock maar net in een Su­per-wed­stryd ge­speel voor­dat hy sy plek in die be­gin­span ver­loor het.

Hoe­wel hy as ’n ve­te­raan be­skou word, het hy ge­wys daar is nog baie rug­by in hom oor.

Die ver­bys­te­ren­de vaart wat hy uit­ge­stal het op pad na sy twee drieë, het die toe­skou­ers in ver­voe­ring ge­had.

“Dit was on­ge­loof­lik om daar­die drieë te druk. Maar die oor­win­ning was aan ’n span­po­ging te dan­ke,” het Bock ge­sê.

Sy woor­de is deur De­on Da­vids, die Kings se hoof­af­rig­ter, be­aam.

“Dis nie al­tyd die span met die mees­te ta­lent wat wen nie, maar soms ook die een waar­in die s­pe­lers met on­ge­loof­li­ke ka­rak­ter en veg­gees speel,” het Da­vids ge­sê.

Die Kings was twee mi­nu­te voor die ein­de nog met 28-32 ag­ter, maar Da­vids het ge­sê hy het nooit op­ge­hou glo sy span kon wen nie.

“Ek het ge­weet as ons net weer in hul­le helf­te kon kom, sou ons druk,” het die brei­er ge­sê.

Dit het die Kings reg­ge­kry toe die Pie­ter-S­teyn de Wet in die hoe­kie gaan druk het.

Li­o­nel Cron­jé, die Kings se in­spi­re­ren­de kap­tein, het boon­op met die moei­li­ke doel­skop ge­slaag om die oor­win­ning te on­der­streep.

Cron­jé het die “fan­tas­tie­se on­der­steu­ning” wat die Kings van die pa­vil­joen af ge­kry het, as ’n groot bron van in­spi­ra­sie be­skryf.

Meer as 22 000 toe­skou­ers het die wip­plank­stryd in die Nel­son Man­de­la­baai-sta­di­on aan­skou.

Nou wat was die ver­skil tus­sen die span­ne?

Die Haaie se brei­er, Ro­bert du P­reez, is ’n man van min woor­de.

“Vier drieë teen twee,” het hy die wed­stryd kort­liks op­ge­som.

Hy het ook na die pas­sie waar­mee die Kings ge­speel het ver­wys.

En hy het toe­ge­gee dat dit ’n groot ver­lies was om sy kap­tein, die los­ska­kel Pat Lam­bie, vroeg in die wed­stryd met ’n be­se­ring te ver­loor.

Lam­bie is in die 32ste mi­nuut van die wed­stryd be­seer toe hy en sy heel­ag­ter, R­hyno S­mith, in me­kaar vas­ge­hard­loop het.

“Ons sal la­ter sien hoe erns­tig Pat se be­se­ring is,” het Du P­reez ge­sê.

Een van die ver­ras­sings van die wed­stryd was die Kings se ste­wi­ge skrum­werk.

Vol­gens Da­vids het die Kings “aan ’n paar goed­jies” ge­werk waar­mee hul­le die Haaie on­der druk wou sit.

“En dit het ge­werk.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.