‘Ons kan nie kla nie,’ mor Haaie se Ro­bert ná slae

Beeld - - Sport -

Die Haaie se brei­er, Ro­bert du P­reez, is ’n man wat met sy hart op sy mou rond­loop.

Daar­om was dit glad nie ver­ba­send nie dat ’n mens die te­leur­stel­ling in sy stem kon hoor na­dat sy span Sa­ter­dag­aand met 35-32 deur die Sout­hern Kings in Port E­li­za­beth ge­skok is.

“Ja, dit is baie te­leur­stel­lend vir ons. Maar ons kan nie reg­tig te veel kla nie. Ons het slegs twee drieë teen­oor hul­le vier ge­druk. So, dit som dit op,” het Du P­reez ná dié Su­per­rug­by-krag­me­ting ge­sê.

Die Haaie het in die mid­del van die eer­ste helf­te reeds ’n groot knou ge­kry toe hul los­ska­kel en kap­tein, Pa­trick Lam­bie, die veld moes ver­laat na­dat hy en die heel­ag­ter, R­hyno S­mith, kop­pe ge­stamp het.

Lam­bie was Sa­ter­dag vir die eer­ste keer in meer as twee maan­de in die be­gin­span na­dat hy sy rug in die der­de ron­de van die reeks teen die Wa­ra­tahs be­seer het.

Dit is nog on­dui­de­lik hoe erns­tig Lam­bie se be­se­ring is.

Du P­reez er­ken Lam­bie se af­we­sig­heid was glad nie i­de­aal nie, maar hy wei­er om dit as ’n ver­sko­ning voor te hou.

“Dit was ’n te­rug­slag vir die span, maar ons het nog­tans be­kwa­me s­pe­lers wat daar­die pro­bleem kon op­los,” sê hy.

Die brei­er was nie­te­min vol lof vir die tuis­span se spel.

“Die Kings speel die he­le jaar al goeie rug­by. So dit is won­der­lik vir hul­le. Dit is wat ons be­no­dig in Suid-A­fri­ka: Dat ’n span soos hul­le goed ver­toon teen ’n span soos die Haaie. Hul­le het baie goed ge­speel,” sê hy.

Voorts het hy ge­mor oor sy span se on­ver­moë om ge­noeg­saam uit sy eie ge­bied te kom.

“Ek dink (die Kings se) pas­sie en die feit dat ons nie goed uit ons eie ge­bied kon ont­snap nie, het ons die wed­stryd ge­kos,” sê hy.

Die Haaie het ge­knor in die skrums, ver­al in die eer­ste helf­te. Maar die brei­er was nie ver­baas oor hoe sterk die tuis­span in dié vas­te fa­set was nie.

“Ek sou nie sê dit het my on­kant be­trap nie, maar hul­le het wel baie goed ge­skrum.”

Die Haaie speel Sa­ter­dag teen die Sun­wol­ves in Sin­ga­poer, waar­na ’n reu­se­stryd in Dur­ban wag wan­neer die S­tor­mers na Kings­park op­ruk.

Maan­dag 15 Mei 2017

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.