Toer Doer On­der nie mak­lik vir die Leeus

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

K­wag­ga S­mith het nou sy voe­te be­hoor­lik by die Leeus ge­vind. Moe­nie die fout maak om te dink die Leeus se toer in Aus­tra­lië was kin­der­spe­le­tjies nie.

Dié ver­se­ke­ring het die span se agt­ste­man en kap­tein, Warren W­hi­te­ley, Vry­dag ge­gee na­dat die Leeus hul der­de op­een­vol­gen­de Su­per­rug­by-wed­stryd Doer On­der met 13-6 teen die Brum­bies in Can­ber­ra ge­wen het.

“Dit was geen­sins ’n mak­li­ke toer nie. Jy kon dit ná van­aand se se­ge sien met die blyd­skap op al­mal se ge­sig­te. Dit sou nie so wees as dit ’n mak­li­ke toer was nie,” sê W­hi­te­ley.

Die Leeus het hul eer­ste wed­stryd in Aus­tra­lië ook net­net met 24-15 teen die We­stern For­ce ge­wen. Daar­na het hul­le die Mel­bour­ne Re­bels ge­mak­lik met 47-10 ge­klop.

“Die eer­ste wed­stryd was baie soos die een teen die Brum­bies, ons moes ook vas­byt. Ver­le­de week teen die Re­bels het ons ge­weet hul­le het ’n punt om te be­wys en hul het ’n paar span­ne ook reeds van­jaar skrik­ge­maak,” sê hy.

Die Leeus was sig­baar ver­heug om die toer on­oor­won­ne af te sluit ná die taai stryd teen die Brum­bies. Die kap­tein maak ook geen ge­heim daar­van dat hul­le ge­weet het die Brum­bies is die ge­vaar­lik­ste Aus­tra­lie­se span nie.

“Dié se­ge was baie be­lang­rik. Ons het ge­weet dit sou ons groot­ste uit­da­ging in Aus­tra­lië wees.

“Hul­le is al­tyd ’n fi­sie­ke span met goeie vas­te fa­set­te en hul­le het s­pe­lers wat hard werk vir me­kaar. Ons het ge­weet dit gaan ’n na­el­byt­stryd wees en ons is baie trots om ons toer só af te sluit.”

Die Leeus het eg­ter ge­suk­kel om uit eer­ste rat te kom. Hul­le het nie veel van die bal ge­sien nie en on­no­di­ge fou­te en ge­brek­ki­ge dis­si­pli­ne het hul­le mo­men­tum ge­knie­hal­ter.

“Ons was on­der druk. Ek het pro­beer om die ou­ens kalm te hou, maar ons het baie straf­skop­pe af­ge­staan. Ons was dalk ’n bie­tjie ge­luk­kig,” gee W­hi­te­ley toe.

Die e­nig­ste d­rie van die wed­stryd het ge­kom na­dat die Brum­bies vlak voor die Leeus se kwart­lyn die bal ver­loor het.

Die be­soe­kers se bui­te­sen­ter, Li­o­nel Ma­poe, het die bal op­ge­pik en vir die flank K­wag­ga S­mith ge­voer, wat doel­lyn toe ge­na­el het om af te rond.

“Dit was ook net een fout van die Brum­bies. Ons het die bal in die reg­te ou (K­wag­ga S­mith) se han­de ge­kry en hy het net vet ge­gee,” sê W­hi­te­ley.

Die Leeus speel Sa­ter­dag teen die Bul­le in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.