Lu­vo lag oor 8.61, maar droom van meer

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Ja, dit was ver – maar nie ver ge­noeg nie.

Dit was die ver­sprin­ger Lu­vo Ma­nyon­ga se op­som­ming van sy aand in S­jan­ghai na­dat hy Sa­ter­dag in dié C­hi­ne­se stad wéér ’n rits mon­ster spron­ge in­ge­ryg het.

Dié O­lim­pie­se sil­wer­me­dal­je­wen­ner het met spron­ge van 8.48 m, 8.49 en 8.61 vo­ren­dag ge­kom op die Di­a­mant­li­ga-by­een­koms om die res van die deel­ne­mers le­lik in die stof te laat stik.

Daar­die laas­te sprong van 8.61 is ’n nu­we Di­a­mant­li­ga-re­kord.

Dit is net vier sen­ti­me­ter kor­ter as die A­fri­ka-re­kord wat hy ver­le­de maand in Pot­chef­stroom op­ge­stel het – maar nog nie naas­ten­by so ver soos hy wil spring nie. Lu­vo Ma­nyon­ga

“Ek het ge­hoop vir (’n sprong van 8.80) so ek het nie die af­stand ge­kry waar­voor ek ge­hoop het nie,” het die 26-ja­ri­ge P­re­to­ri­a­ner vol­gens die IAAF se web­tuis­te ge­sê. “Maar ek weet da­rem dit sal kom.

“Ek is baie bly om weer te wen. Dit wys dat har­de werk, oe­fe­ning en toe­wy­ding suk­ses op­le­wer.”

Ma­nyon­ga het Sa­ter­dag die der­de keer van­jaar die 8.60 m-merk oor­tref, en nog nie van­jaar ’n po­ging kor­ter as 8.40 ge­re­gis­treer nie.

Sa­ter­dag het d­rie van sy ses spron­ge nie ge­tel nie, maar die an­der d­rie was van so ’n hoë ge­hal­te dat dit nie saak ge­maak het nie.

C­hi­na se Gao Xing­long, die A­sie­se kam­pi­oen, was met ’n af­stand van 8.22 t­wee­de en sy land­ge­noot Hu­ang C­hang­z­hou der­de met 8.20.

Die O­lim­pie­se kam­pi­oen Jeff Hen­der­son, wat Ma­nyon­ga ver­le­de jaar in Rio de Ja­nei­ro met ’n en­ke­le sen­ti­me­ter ge­klop het, was met ’n be­skeie af­stand van 8.03 ses­de.

Se­dert Ma­nyon­ga in Au­gus­tus in Rio op die po­di­um ge­staan het, het hy van krag tot krag ge­gaan. Hy het daar reeds ge­sê sy vi­sier is ste­wig op die wê­reld­re­kord van 8.95, wat in sy ge­boor­te­jaar, 1991, deur Mi­ke Po­well op­ge­stel is.

■ Ma­nyon­ga was die suk­ses­vol­ste van die vier Suid-A­fri­ka­ners wat in S­jan­ghai in ak­sie was.

Rushwahl Sa­maai was vyf­de in die ver­spring met ’n af­stand van 8.18 en K­hot­so Mo­koe­na agt­ste met 7.85.

Die hek­kies­lo­per LJ van Zyl het stem dik ge­maak in die 400hek­kies, en sil­wer ge­wen met ’n tyd van 49.35.

Bers­ha­wn Jack­son het dié i­tem ge­wen met ’n tyd van 48.63.

■ In P­re­to­ria het Wen­da Nel Sa­ter­dag ’n nu­we per­soon­li­ke bes­te tyd in die 400 m op­ge­stel. Sy het ge­se­ë­vier in 52.03 s, wat haar vo­ri­ge bes­te met ses hon­derd­stes van ’n se­kon­de oor­tref het. Quin­ton de Kock Sa­ter­dag met die vyf pry­se wat hy by KSA se prys­uit­de­ling ge­wen het.

Fo­to: GALLO IMAGES

Fo­to: GETTY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.