Vyf­ster, maar Quin­ton leer nog

5 pry­se vir De Kock

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Quin­ton de Kock het nou wel Sa­ter­dag met al die groot pry­se weg­ge­loop by K­rie­ket SuidA­fri­ka se jaar­lik­se prys­uit­de­ling, maar die Pro­tea-kol­wer glo hy het nog baie om te leer voor hy sy vol­le po­ten­si­aal kan be­reik.

De Kock (24) het Sa­ter­dag­aand by ’n spog­ge­leent­heid in Ky­a­la­mi vyf eer­be­wy­se ge­wen, in­slui­tend S­pe­ler van die Jaar.

Die jong paal­tjie­wag­ter-kol­wer het hom­self die af­ge­lo­pe sei­soen as ’n sleu­tel­fi­guur in die Pro­te­as se toets- en een­dag­span­ne ge­ves­tig, maar hy glo sy bes­te peil is nog in die toe­koms.

“Ek glo ek het baie ge­leer die laas­te paar jaar (in die na­si­o­na­le span), maar ek weet be­slis nog nie so­veel soos som­mi­ge van my span­maats nie.

“Ek is die ti­pe ou wat leer deur te doen. Jy kan vir my hoe­veel keer ver­dui­de­lik, maar tot ek iets er­vaar het, en uit my fou­te ge­leer het, gaan dit nie vas­steek nie,” het De Kock ge­sê.

“Ek leer ge­luk­kig vin­nig, of ten min­ste, ek glo ek leer vin­nig. Ons sal moet sien hoe din­ge gaan vol­gen­de sei­soen.”

Hy het ook die pry­se ge­wen vir Toets­spe­ler-, Een­dag­spe­ler-, die S­pe­lers se S­pe­ler en die Toe­skou­ers se S­pe­ler van die Jaar.

Of­skoon hy sy pry­se meest­al vir sy uit­ste­ken­de ver­to­nings met die kolf ge­kry het, het sy veld­werk ag­ter die paal­tjies die laas­te jaar ook baie ver­be­ter.

De Kock het ge­sê hy kan nie juis die ver­be­te­ring ver­klaar nie, aan­ge­sien hy in sy oe­fe­nin­ge meest­al op sy kolf­werk ge­kon­sen­treer het.

“Ek dink ek was ge­luk­kig dat die vang­sko­te al­mal in my hand­skoe­ne ge­bly het.

“Ek het reg­tig ge­fo­kus daar­op om my kolf­werk te ver­be­ter. Ek weet dat daar in die vol­gen­de paar jaar van die ou­er le­de van die span gaan be­gin uit­val en ek ’n meer se­ni­or rol in die span sal moet speel,” het hy ver­dui­de­lik.

“Ek dink ek is sta­dig maar se­ker be­sig om groot te word en meer vol­was­se oor my spel te word.

“Ek dink ek is ook slim­mer oor hoe ek speel en hoe ek vir wed­stry­de voor­be­rei.

“Ek wil net aan­hou leer.” De Kock, die In­ter­na­si­o­na­le K­rie­ket­raad se Een­dag­spe­ler van die Jaar, het dié sei­soen se In­die­se P­re­mier­liga mis­ge­loop om­dat hy moes her­stel van ’n vin­ger­be­se­ring. Die Pro­te­as sal eg­ter hoop dat hy op sy heel bes­te is wan­neer hul­le hul eer­ste wed­stryd in die Toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee teen Sri Lan­ka op 2 Ju­nie speel.

Sy aan­val­len­de kolf­werk aan die be­gin van die beurt is een van die Suid-A­fri­ka­ners se groot troef­kaar­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.