B­lit­sem!

Suid­A­fri­ka nou amp­te­lik ko­nings van die se­we­s­wê­reld

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Uit­ein­de­lik kan Sa­ru die spin­ne­rak­ke uit hul tro­fee­kas vee. Want die B­lits­bok­ke kom een van die dae huis toe met ’n splin­ter­nu­we klei­nood daar­voor.

Suid-A­fri­ka is nou amp­te­lik die ko­ning van se­wes­rug­by, na­dat die B­lits­bok­ke gis­ter in die Fran­se hoof­stad, Pa­rys, sy vyf­de ti­tel van die Wê­reld­reeks ge­wen het en al­bei sy naas­te teen­stan­ders, Fidji en En­ge­land, voor die eind­stryd ge­strui­kel het.

Suid-A­fri­ka het S­kot­land met 15-5 in die eind­stryd ge­klop, maar het reeds voor dit ge­weet die ti­tel as Wê­reld­reeks-kam­pi­oen is sy­ne. Dit was juis die S­kot­te wat dít laat ge­beur het, deur Fidji in die kwart­eind­ron­de en En­ge­land in die half­eind uit te knik­ker.

Die S­kot­te het Suid-A­fri­ka Sa­ter­dag in sy heel eer­ste groep­wed­stryd ook ore aan­ge­sit, maar hul fut was uit in die ti­tel­stryd.

Die B­lit­se het el­ke S­kot wat aan die bal ge­raak het laat grond vreet en – soos hul ge­woon­te reg­deur die sei­soen was – groot pyn uit­ge­deel met om­ge­keer­de be­sit.

Die B­lits­bok­ke was voor die Pa­rys-toer­nooi 25 pun­te voor Fidji en 27 voor En­ge­land op die al­ge­he­le pun­te­leer. Dank­sy die vol­tal pun­te wat hul­le in die Fran­se hoof­stad ver­dien het, het hul­le nou 179 pun­te en is daar­die voor­sprong 34 oor die t­wee­de ge­plaas­te En­ge­land en 37 oor Fidji.

Neil Po­well, die B­lits­bok­ke se af­rig­ter, het die eer­ste per­soon ooit ge­word wat die wê­reld­ti­tel as s­pe­ler én brei­er kon wen.

Hy was ’n B­lits­bok toe SuidA­fri­ka in 2009 die laas­te keer die Wê­reld­reeks ge­wen het.

“Ek is baie meer ver­lig as wat ek in 2009 was,” het hy ge­sê. “Toe was ek net in die wol­ke, maar nou is daar ys­li­ke ver­lig­ting. Ek voel ook reg­tig ge­se­ënd.

“Maar ons is nog nie klaar nie. Vol­gen­de week wag Lon­den, en ons moet aan­hou om die per­fek­te rug­by te jaag,” het hy by­ge­voeg.

Ho­kaai daar! Die B­lits­bok Wer­ner Kok pak S­kot­land se Gray­son Hart ty­dens die eind­stryd van die Pa­rys­se­westoer­nooi. Die Suid­A­fri­ka­ners was baas met 15­5. Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.