Los­ska­kel­wen­ding: Is Lam­bie se ‘dood’ Li­o­nel se brood?

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Die los­ska­kel-wed­loop vir die S­pring­bok-trui het straks Sa­ter­dag­aand in Port E­li­za­beth on­ver­wags ’n nu­we wen­ding ge­neem.

Pat Lam­bie het – min­der as ’n maand voor­dat die Fran­se in ’n toets­reeks ge­pak word – wéér har­sing­skud­ding op­ge­doen.

Die 26-ja­ri­ge kap­tein van die Haaie het die veld Sa­ter­dag­aand in die Su­per­rug­by-krag­me­ting met die Sout­hern Kings ná so­wat ’n half­uur ver­laat na­dat hy en ’n span­maat, R­hyno S­mith, in ’n duik­slag kop­pe ge­stamp het.

Lam­bie het nie ’n har­sing­skud­ding­toets ge­slaag nie en daar word nou ge­vrees dat sy loop­baan ná de­se in die weeg­skaal kan wees.

Hy was ver­le­de sei­soen lank uit ak­sie na­dat hy in Ju­nie in die eer­ste toets teen Ier­land deur die flank CJ S­tan­der kat­swink ge­spring is.

Al­lis­ter Coet­zee, die S­pring­bok-af­rig­ter, sal Maan­dag angs­tig wees om te ver­neem hoe Lam­bie se prog­no­se daar uit­sien wan­neer die Haaie se be­se­rings­ver­slag uit­ge­reik word.

Dit was die Haai-los­ska­kel se eer­ste wed­stryd te­rug in die be­gin­span na­dat hy van ’n rug­be­se­ring her­stel het.

Die Bul-los­ska­kel Han­dré Pol­lard se en­kel is ver­le­de maand be­seer en hy sal ook nie vir die Fran­se toets­reeks oor­weeg kan word nie.

El­ton Jan­tjies, die Leeus se ge­ne­raal, is dus nou – soos ver­le­de sei­soen – Suid-A­fri­ka se keur on­der die los­ska­kels in dié kom­pe­ti­sie.

Wat die res van die aan­spraak­ma­kers be­tref, het die tie­ner­sen­sa­sie Cur­win Bosch reeds dié sei­soen ge­wys hy is be­stem vir groot rug­by, ter­wyl die Kings-kap­tein, Li­o­nel Cron­jé, nou kort op Jan­tjies se hak­ke is.

Cron­jé het Sa­ter­dag ’n sleu­tel­rol ge­speel in sy span se ge­skied­kun­di­ge oor­win­ning oor die Haaie. Hy het 20 pun­te aan­ge­te­ken, wat ’n d­rie en ’n be­lang­ri­ke skep­doel in­ge­sluit het.

In­dien Lam­bie nie teen die Ha­ne kan speel nie, sal Coet­zee waar­skyn­lik moet be­sluit of hy dit met ’n on­ver­va­re nr. 10 soos Cron­jé gaan waag of eer­der weer die ve­te­raan Mor­né S­teyn uit Frank­ryk moet ont­bied.

Jan­tjies het in 2016 by die be­seer­de Lam­bie oor­ge­vat, maar die kluts kwyt­ge­raak op toets­vlak.

Coet­zee is kwaai ge­kri­ti­seer toe hy uit­ein­de­lik be­sluit het om S­teyn na­der te trek.

Cron­jé be­reik dié sei­soen was­dom na­dat hy vroe­ër in sy loop­baan nie by die C­hee­tahs, Leeus, Bul­le, S­tor­mers of Haaie aan die ver­wag­tin­ge vol­doen het nie.

Hy het ook in 2014 vir die Brum­bies ge­speel.

Cron­jé is 27 en sal as ’n gro­ter be­leg­ging vir die toe­koms be­skou word.

Jan­tjies het nog net 11 toet­se ge­speel en dit sal ’n dap­per be­sluit wees om Cron­jé as sy ad­ju­dant te kies.

Li­o­nel Cron­jé Sa­ter­dag op die aan­val teen die Haaie. Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.