Da­le steeds nie fiks ge­noeg om saam met Pro­te­as te toer

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Da­le S­teyn sal nie vir die Pro­te­as in die ko­men­de toets­reeks teen En­ge­land speel nie.

Dié Pro­tea-blits­bou­ler het nie be­tyds van sy skou­er­be­se­ring her­stel nie en hoop om nou sy te­rug­keer teen Bangla­desj in Sep­tem­ber en Ok­to­ber te maak.

S­teyn (33) het in No­vem­ber ver­le­de jaar ’n been­tjie in sy reg­ter­skou­er ge­breek ty­dens die Perth-toets teen Aus­tra­lië. Hy het sy hoop daar­op ge­ves­tig om sy te­rug­keer in Ju­lie teen En­ge­land te maak.

“Dit is waar­voor ek ge­mik het, maar ek wil nie met die skou­er waag nie,” het S­teyn in die na­week ge­sê.

“K­rie­ket Suid-A­fri­ka wou hê dat ek eers my fiks­heid moes be­wys in wed­stry­de vir SuidA­fri­ka A in Ju­nie voor­dat die keur­ders my vir die toets­reeks in En­ge­land sou oor­weeg. Ek sal nie ge­reed wees vir dié wed­stry­de nie.

“Ek nog nie eens be­gin boul nie,” het S­teyn ver­dui­de­lik.

Die bou­ler sal ook sy fiks­heid moet be­wys as hy vir die twee toet­se teen Bangla­desj in aan­mer­king wil kom.

“Dit is nou win­ter by ons en ek sal ê­rens k­rie­ket moet speel om te wys ek is reg.

“Dit sal nog­al i­ro­nies wees as ek in En­ge­land ’n graaf­skap­wed­stryd speel ter­wyl die Pro­te­as ter­self­der­tyd om die draai in ’n toets teen En­ge­land speel,” het die blits ge­sê.

S­teyn het die pyn in sy skou­er toe hy die been­tjie ge­breek het, be­skryf as die erg­ste wat hy nog er­vaar het.

“Dit was be­slis nie ’n nor­ma­le skou­er­be­se­ring nie. Toe ek met die be­se­ring by die hos­pi­taal in Perth aan­kom en die dok­ter na die be­se­ring kyk, het hy ge­vra of ek in ’n mo­tor­fiets­on­ge­luk was. Dit is hoe on­ge­woon dit was om só be­seer te word.”

S­teyn het ge­sê hy on­der­vind geen pyn in die skou­er nie.

“Om te boul, is ’n on­na­tuur­li­ke ak­sie vir jou skou­ers en die dok­ters wil se­ker maak dat die skou­er sterk ge­noeg is voor­dat ek weer be­gin boul. Ek doen in­ten­sie­we re­ha­bi­li­ta­sie en be­soek die fi­si­o­te­ra­peu­te vyf dae per week.”

Dit is juis om­dat dit só ’n erns­ti­ge be­se­ring is dat S­teyn nie wil waag nie.

“Ek wil nog ’n he­le paar jaar speel. Ek wil be­slis ook die 100toet­skerf ver­by­steek,” het die ve­te­raan van 85 toet­se ge­sê.

S­teyn, tans op 417, moet nog vyf paal­tjies neem om S­haun Pol­lock ver­by te steek as SuidA­fri­kaan­se se groot­ste toets­paal­tjie­vraat

Da­le S­teyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.