Ge­hei­me stem: 11 reg­ters be­sluit eers la­ter

‘Dus moet stem­ming oor Zu­ma ge­heim wees’

Beeld - - Voorblad - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die par­le­ment het die in­ti­mi­da­sie van sy le­de tot ’n mis­daad ver­klaar. Die spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring moet doen wat sy kan om so ’n mis­daad te ver­hoed.

Die e­nig­ste ma­nier waar­op die “al­om­teen­woor­di­ge ge­vaar van in­ti­mi­da­sie” van LP’s ge­keer kan word wan­neer hul­le oor ’n mo­sie van wan­troue stem, is om ’n ge­hei­me stem­ming te hou, het adv. Da­li M­po­fu SC gis­ter­og­gend na­mens die UDM in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof aan­ge­voer.

Die op­stel­lers van die Grond­wet het ge­sê die pre­si­dent sal met ge­hei­me stem­brie­we ver­kies word, want hul­le het ge­weet “een­dag gaan daar­die be­sker­ming no­dig wees”, het hy gis­ter­aand in sy re­pliek ge­sê. As dit no­dig is om ’n pre­si­dent met ’n ge­hei­me stem­ming aan te wys, is die nood­saak so­veel gro­ter wan­neer ie­mand met ’n mo­sie van wan­troue uit sy amp ge­sit moet word.

Uit die dag se “be­stek­op­na­me” is dit dui­de­lik dat die par­le­men­tê­re re­ëls daar­voor voor­sie­ning maak.

Boon­op sal ’n ge­slaag­de mo­sie van wan­troue in die pre­si­dent be­te­ken die he­le ka­bi­net moet gaan. ’n Mens kan net dink wat die ge­vol­ge daar­van sal wees, het hy ge­sê.

Die UDM vra die hof om ’n be­vin­ding te maak oor of ’n ge­hei­me stem­ming in die par­le­ment oor ’n mo­sie van wan­troue in die pre­si­dent toe­laat­baar is.

M­po­fu het aan­ge­voer die spea­ker het ’n grond­wet­li­ke plig om ’n ge­hei­me stem­ming te re­ël.

Reg­ter Chris Jaf­ta het aan M­po­fu ge­sê art. 57 van die Grond­wet sê die par­le­ment is in be­heer van sy eie pro­se­du­res. Par­le­men­tê­re re­ëls be­paal of ’n stem­ming ge­heim is of nie.

M­po­fu het be­na­druk dat die saak nie gaan oor die hof se be­tre­ding op ’n ter­rein nie.

“As ons slaag op grond daar­van dat die ge­hei­me stem­ming ver­eis word, het die skei­ding van mag­te geen­sins ter spra­ke ge­kom nie. Dis die ein­de van die sto­rie.”

Adv. An­ton Katz SC het na­mens die IVP aan­ge­voer ’n ge­hei­me stem­ming be­hoort na reg­te ge­hou te word oor el­ke mo­sie van wan­troue wat in die par­le­ment in­ge­stel word, an­der­sins is dit tan­de­loos.

As die spea­ker die dis­kre­sie het om te be­sluit of ’n ge­hei­me of oop stem­ming ge­hou moet word, sal daar ’n vloed­golf van her­sie­nings­hof­sa­ke wees as sy ’n ge­hei­me stem­pro­ses af­keur.

Adv. Lu­zel­le A­dams, na­mens Co­pe, het ge­sê geen po­li­tie­ke par­ty het be­swaar teen ’n ge­hei­me stem­pro­ses aan­ge­te­ken nie en die spea­ker het die dis­kre­sie en in be­gin­sel nie ’n pro­bleem daar­mee nie.

“Hoe­kom mors ons dan nog tyd?” het sy ge­sê.

Toe Zu­ma in ’n ge­hei­me stem­pro­ses tot pre­si­dent ver­kies is, was al­mal te­vre­de. “Waar­om is dit (’n ge­hei­me stem­pro­ses) nou ’n pro­bleem?”

Adv. Tem­be­ka Ng­cu­kai­to­bi, vir die EFF, het ge­sê as ’n LP vol­gens sy ge­we­te op­tree, moet hy be­sker­ming daar­voor hê.

Adv. Ge­off Bud­len­der SC, na­mens die Raad vir die Be­vor­de­ring van die Suid-A­fri­kaan­se Grond­wet (Ca­sac), wat toe­ge­laat is as vriend van die hof, het ge­sê die par­le­ment se toe­sig­me­ga­nis­me oor die uit­voe­ren­de ge­sag sal waar­skyn­lik heel­te­mal in duie stort as ’n ge­hei­me stem­pro­ses nie toe­ge­laat word nie.

Die hof se 11 reg­ters het uit­spraak voor­be­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.