SA moet ge­reed maak vir dik­ta­tuur, sê Ma­le­ma

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Suid-A­fri­ka­ners moet hul­le op ’n dik­ta­tuur voor­be­rei, al sê die par­le­ment pres. Ja­cob Zu­ma moet gaan, het Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, gis­ter ge­sê.

Hy het op die Ma­ry Fit­z­ge­rald­plein in Jo­han­nes­burg aan hon­der­de on­der­steu­ners van op­po­si­sie­par­tye ge­sê Zu­ma het iets ge­sê waar­aan nie al­mal be­hoor­li­ke aan­dag ge­gee het nie. “Zu­ma het ge­sê hy sal ver­wy­der word slegs as die ANC so sê. Wat hy be­doel, is dat al word ’n mo­sie van wan­troue aan­vaar, sal hy nie gaan nie. So­lank die ANC nie ge­sê het hy moet gaan nie, sal hy nie gaan nie. Ons sal Zu­ma uit die U­nie­ge­bou sleep.”

Ma­le­ma en an­der op­po­si­sie­lei­ers het die ska­re toe­ge­spreek voor ’n mas­sa­op­tog na die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof, wat die aan­soek van die UDM aan­ge­hoor het waar­mee hul­le Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die par­le­ment, wil dwing om ’n ge­hei­me stem­ming oor ’n mo­sie van wan­troue in Zu­ma toe te laat.

Vol­gens Ma­le­ma is ANC-LP’s ge­ïn­ti­mi­deer om nie teen Zu­ma te stem nie en die ANC het geen ver­kla­ring uit­ge­reik waar­in die in­ti­mi­deer­ders ver­oor­deel word nie.

“Dit be­te­ken die ANC keur die in­ti­mi­da­sie van par­le­ments­le­de goed. Hy het sy le­de ver­saak. Ons as ver­ant­woor­de­li­ke Suid-A­fri­ka­ners moet dus selfs ANC-le­de be­skerm.”

M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, het ge­sê: “Ons is hier om hom te her­in­ner wat hy ver­keerd ge­doen het. Ons is hier om te sê: ‘Zu­ma, jy het daar­mee be­gin om N­kand­la met R250 mil­joen te bou. Ons wil daar­die geld te­rug­hê, vir die men­se van Suid-A­fri­ka. Ons is hier om te sê jy het B­ri­an Mo­le­fe (uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom) ont­plooi. Ons is hier om te sê jy en B­ri­an ver­dien om in die tronk te wees.”

Mai­ma­ne het ge­sê dit is Zu­ma se skuld dat kor­rup­sie, werk­loos­heid en kos­pry­se styg. Hy he ge­sê “wit, swart, In­di­ër, bruin, groen, blou, rooi” is teen die “tsot­si’s” ver­e­nig. “Dis ’n keu­se tus­sen die ANC en Suid-A­fri­ka en ons kies Suid-A­fri­ka.”

T­hem­ba Go­di, APC-lei­er, het ge­vra hoe­kom ’n pre­si­dent in die ge­heim by die stem­bus ver­kies word, maar “as ons hom wil ver­wy­der, kan ons dit nie in die ge­heim doen nie”.

N­qa­ba­yom­zi K­wank­wa, ad­junk­pre­si­dent van die UDM, het ge­sê: “Ons kan ’n pre­si­dent wat deur die ge­hei­me stem ver­kies is nie an­ders as deur die ge­hei­me stem ver­wy­der nie.”

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Le­de van ver­skeie op­po­si­sie­par­tye hou gis­ter ’n op­tog na die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof in Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.