Mo­le­fe uit­oor­lê be­to­gers

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt en Sim­vuy­e­le Ma­ge­za P­hil­da Es­sop.

Die DA het gis­ter ’n drin­gen­de aan­soek by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien teen die her­aan­stel­ling van B­ri­an Mo­le­fe as uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom.

Mo­le­fe was gis­ter­og­gend reeds by E­s­kom se hoof­kan­toor, Me­ga­watt Park in Sand­ton, teen die tyd dat ’n hand­jie­vol be­to­gers van Co­pe en die DA daar aan­ge­kom het.

Co­pe wou hom keer om by die hek in te kom.

’n Vi­deo op Fa­ce­book wys hoe wer­kers Mo­le­fe al dan­send ver­wel­kom en hy dan saam met hul­le dans.

K­hu­lu Pa­si­we, E­s­kom-woord­voer­der, het be­ves­tig dat Mo­le­fe op die week­lik­se og­gend­ver­ga­de­ring was en dat “al­les soos te­vo­re voort­gaan”.

Die DA vra in sy aan­soek dat Mo­le­fe ge­keer word om plig­te of funk­sies by E­s­kom uit te voer en dat sy her­aan­stel­ling ter­sy­de ge­stel word.

Die reg­ver­di­ging wat Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, vir Mo­le­fe se her­aan­stel­ling pro­beer gee, hou nie steek nie, het die par­ty in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Bro­wn voer aan Mo­le­fe se her­aan­stel­ling is ’n aan­sien­lik be­ter “waar­de-op­sie” as om hom ’n pen­si­oen van R30 mil­joen te be­taal.

Ja­mes Sel­fe, voor­sit­ter van die DA se fe­de­ra­le raad, sê dit is wyd be­kend dat Mo­le­fe noue ban­de het met die Gup­ta-fa­mi­lie, wat “die hoof­ver­dag­tes is in die ka­ping van staats­in­stel­lings en -on­der­ne­mings tot hul eie voor­deel”.

“Mnr. Mo­le­fe is we­lis­waar nog nie in ’n hof skul­dig be­vind nie, maar die o­pen­ba­re be­sker­mer se be­vin­dings teen hom is bin­dend en is nog nie om­ge­keer nie.”

Mo­le­fe het in tra­ne by E­s­kom be­dank na­dat die OB haar ver­slag oor staat­skaping uit­ge­reik het waar­in sy naam ge­noem is.

“Mnr. Mo­le­fe word steeds be­trek by die om­stre­de kon­trak­te met Te­ge­ta en Op­ti­mum Co­al,” sê Sel­fe.

Mo­le­fe is vol­gens hom daar­om nie ge­skik om ’n staats­be­heer­de on­der­ne­ming te lei nie, en ver­al nie een wat ver­ant­woor­de­lik is vir e­ko­no­mie­se groei nie.

Sel­fe sê hy hoop die saak sal in die ko­men­de twee we­ke aan­ge­hoor word.

Na­ta­sha Maz­zo­ne, DA-woord­voer­der oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings, sê Suid-A­fri­ka ver­dien be­ter.

“Om so ’n pos te be­klee, moet jy goed ge­noeg wees en hy is nie.”

Die po­li­sie se teen­woor­dig­heid gis­ter by Me­ga­watt Park wys vol­gens haar Mo­le­fe weet die pu­bliek is on­te­vre­de.

“Daar is ver­war­ring oor wat pre­sies ge­beur het.

“Som­mi­ge sê hy het be­dank en an­der sê hy het af­ge­tree.

“In die ver­kla­ring wat hy uit­ge­reik het, het hy dit dui­de­lik ge­stel dat hy be­dank in be­lang van goeie be­stuur.

“Ons wil dit nou dui­de­lik aan hom stel dat hy in be­lang van goeie

be­stuur nie kan te­rug­kom nie.”

Pa­si­we sê al­mal het die reg om te be­toog en E­s­kom is dank­baar die be­to­gers het nie met hul werk in­ge­meng nie.

Die ANC was gis­ter stil oor die be­plan­de ver­ga­de­ring tus­sen die ANC se top­lei­ers en Bro­wn oor Mo­le­fe se her­aan­stel­ling, be­rig

’n Groe­pie men­se be­toog gis­ter by E­s­kom se hoof­kan­toor teen B­ri­an Mo­le­fe se her­aan­stel­ling as uit­voe­ren­de hoof. Fo­to: SIM­VUY­E­LE MA­GE­ZA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.