ANC­LP vrees vir haar vei­lig­heid ná jeug­li­ga haar a­dres pu­bli­seer

Beeld - - Nuus - – P­hil­da Es­sop

Die ANC-LP dr. Mak­ho­si K­ho­za vrees vir haar en haar kin­ders se vei­lig­heid.

Sy kry dreig­op­roe­pe en boon­op het die ANC-jeug­li­ga in die eT­hek­wi­ni-streek in K­waZu­lu-Na­tal haar huis­a­dres op Fa­ce­book ge­plaas so­dat le­de la­ter van­dees­week daar kan be­toog.

K­ho­za het Don­der­dag op Fa­ce­book ge­skryf sy kan haar ge­we­te nie van haar po­li­tie­ke keu­ses skei nie. Daar kan nie van haar ver­wag word om vir ’n im­mo­re­le lei­er te stem wie se op­tre­de die ANC in duie laat stort nie.

Sa­ter­dag het K­ho­za die eT­hek­wi­ni-jeug­li­ga se re­ak­sie daar­op ver­wel­kom en hul­le ’n “gra­tis les” in mo­re­le ge­we­te ge­gee, be­rig

News24.

Sy ver­wys na re­ël 4.17 in die ANC-grond­wet.

“D­rei­ge­men­te, in­ti­mi­da­sie, ge­weld en on­ver­draag­saam­heid is streng ver­bo­de . . . Dink ANC, nie per­soon­lik­he­de nie.”

Gis­ter het K­ho­za ge­sê sy is be­kom­merd oor die vei­lig­heid van haar kin­ders, aan­ge­sien sy Don­der­dag par­le­ment toe moet gaan vir haar werk as LP.

Sy het ’n paar we­ke ge­le­de ’n klag by die po­li­sie in Hil­l­crest, Dur­ban, in­ge­dien om­dat sy her­haal­de­lik dreig­op­roe­pe ont­vang het.

“Ek het el­ke dag op­roe­pe ont­vang, tot in die vroeë og­gend­u­re. Die op­roe­pe het op­ge­hou, maar toe kry ek Sa­ter­dag­aand weer een.”

Die man het Sa­ter­dag om­streeks 18:00 ge­bel en ge­sê: “Jy moet reg­kom, an­ders . . . ”

K­ho­za sê sy is van K­waZu­lu-Na­tal en neem dié op­roe­pe nie lig­te­lik op nie. “Men­se sterf in dié pro­vin­sie.”

Sy vind dit “baie moei­lik” dat die jeug­li­ga in die streek Vry­dag ge­vra het dat sy as LP her­roep word om­dat “hul­le haar nie meer kan ver­trou nie”.

Oor die pla­sing van haar a­dres op Fa­ce­book vir ’n plak­kaat­be­to­ging sê sy: “Dit maak my be­kom­merd oor my kin­ders se vei­lig­heid. Die jeug­li­ga-le­de en an­der kan by die par­le­ment teen my be­toog, maar met ’n be­to­ging by my huis gaan hul­le te ver.”

Mond­li Mk­hi­ze, na­si­o­na­le woord­voer­der van die jeug­li­ga, sê die pla­sing van a­dres­se op so­si­a­le me­dia is roe­ke­loos.

“Dit is ver­al ge­vaar­lik in K­waZu­lu-Na­tal, waar daar baie po­li­ties ge­mo­ti­veer­de sterf­tes is. Ek is nie se­ker wat die eT­hek­wi­ni-streek wil be­reik met sy be­plan­de be­to­ging nie.”

Die jeug­li­ga se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee het sy tug­ko­mi­tee in Fe­bru­a­rie op­drag ge­gee om die eT­hek­wi­ni-streek se op­tre­de te on­der­soek. Mk­hi­ze sê dié ver­soek is Sa­ter­dag her­haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.