Po­well se knap plan­ne ge­loof ná B­lit­se wen

Beeld - - Nuus - Ru­an Bru­wer

Die B­lits­bok­ke se ver­o­we­ring van Wê­reld­rug­by se se­we­s­kroon kan groot­liks aan sy af­rig­ter, Neil Po­well, se knap be­plan­ning toe­ge­skryf word, sê ’n oud­kap­tein.

Die B­lit­se het die reeks Son­dag in Pa­rys ge­wen, al is daar nog een toer­nooi oor. Dit was maar hul twee­de reek­soor­win­ning in 18 pro­beer­slae.

Jo­na­than Mo­ku­e­na, ge­we­se kap­tein van die B­lit­se, en Po­well se ou­er broer, Jim­my, ’n ge­we­se pro­vin­si­a­le en Su­per­rug­by­spe­ler, meen die ge­mak waar­mee sleu­tel­spe­lers soos Se­a­be­lo Se­nat­la, K­wag­ga S­mith, Jus­tin Ge­duld en Ky­le Bro­wn ver­vang is, was be­pa­lend in die B­lit­se se wel­slae.

Se­nat­la en S­mith was net vir die eer­ste vier toer­nooie be­skik­baar en Bro­wn en Ge­duld is vroeg be­seer.

“Ek het ver­wag die span sou son­der K­wag­ga en Se­a­be­lo suk­kel, maar soos ek vir Neil ken, het hy plan­ne ge­reed ge­had,” sê Mo­ku­e­na.

Vol­gens Jim­my het sy broer spe­lers stel­sel­ma­tig in­ter­na­si­o­na­le se­wes­bloot­stel­ling ge­gee en so­doen­de die spe­lers­groep ver­groot en er­va­ring ver­sterk.

“Die ba­lans tus­sen aan­val en ver­de­di­ging was per­fek.

“Neil se af­rig­ting­styl is pre­sies reg. Hy is proaktief in be­plan­ning en in die be­stuur van die spe­lers. Hy ploeg nie heel­tyd met die­self­de kal­wers nie.”

Mo­ku­e­na sê die doel­ge­rigt­heid waar­mee die span speel, sy deeg­li­ke voor­be­rei­ding, die be­mag­ti­ging van spe­lers en die self­ver­troue wat hul­le daar­uit put, het ’n we­sen­li­ke by­drae tot die span se suk­ses ge­le­wer.

“Die ou­ens oe­fen ge­wel­dig hard, waar­skyn­lik har­der as wat hul­le speel. Daar is ’n on­ge­loof­lik goeie wer­ke­tiek.”

Die B­lits­bok­ke het net agt uit 56 wed­stry­de ver­loor, het in agt van die ne­ge eind­stry­de ge­speel en – van deur­slag­ge­wen­de be­lang – Fidji, wat baie ja­re die B­lits­bok­ke se ne­me­sis was, in vyf uit ses krag­me­tings ge­tem.

Jim­my voor­sien ’n aan­sien­li­ke bloei­tyd in se­wes­rug­by in Suid-A­fri­ka.

“Se­wes­rug­by pas ons leef­styl. Dit het ’n vin­ni­ge pas, al­mal speel op een dag en die wed­stry­de is kort. Suid-A­fri­ka het ’n meng­sel van vaar­di­ge, vlug­voe­ti­ge en fi­sie­ke spe­lers. Ek dink die spel gaan in die vol­gen­de paar jaar baie uit­brei.”

Hy sê men­se wat oor se­wes­rug­by wil ge­sels, keer hom van­jaar kort-kort voor of bel hom. “Daar is so­veel men­se wat Neil se nom­mer vra om hom ge­luk te wens. Die B­lits­bok­ke gee ’n mens hoop en men­se voel trots.”

Neil Po­well, die B­lits­bok­ke se af­rig­ter, om­hels Se­a­ba­elo Se­nat­la ná hul toer­nooi­se­ge vroe­ër van­jaar in Syd­ney. Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.