‘S­hor­ty’ brie­send oor vals nuus­be­rig dat hy dood is

Beeld - - Nuus -

Al moes hy in tal­le rol­pren­te al dood speel, is Alf­red N­tom­be­la, be­ter be­kend as S­hor­ty in Le­on S­chus­ter se flieks, nie dood nie.

Hy is brie­send oor die be­rig wat gis­ter op so­si­a­le me­dia ver­sprei is dat hy dood is.

N­tom­be­la is be­kend om sy rol­le in rol­pren­te soos S­weet ’n S­hort, Mr Bo­nes en S­chuks! Your Coun­try Needs You.

“Die mens wat dit ge­skryf het, praat k*k. Ek wens ek kan hom in die han­de kry so­dat ek hom kan dag­vaar,” sê N­tom­be­la.

Die be­rig op die web­werf south-a­fri­ca24.co.za lui dat N­tom­be­la in ’n mo­tor­on­ge­luk dood is. Geen ver­de­re in­lig­ting word in die be­rig ge­gee nie.

“Ek haat dit, ek haat dit, ek haat dit. Ek ont­vang die he­le dag op­roe­pe van men­se wat dink ek is dood. Sul­ke ge­rug­te gee an­der men­se hart­aan­val­le as hul­le dit lees. Dit het my he­le dag om­ver­ge­gooi,” sê N­tom­be­la,

Le­on S­chus­ter sê dit is be­treu­rens­waar­dig dat sul­ke vals nuus­be­rig­te ver­sprei word.

“Dit is ’n reu­se­pro­bleem oor die he­le wê­reld heen. Men­se ver­staan nie nuus nie en ver­sprei fa­ke news.”

S­chus­ter sê hy is al twee keer dood ver­klaar in soort­ge­ly­ke be­rig­te.

“Ons is die slag­of­fers. Jy jaag ’n klomp men­se op hol wat dink hul­le het ’n ge­lief­de ver­loor en dalk huil daar­oor. Dit is nie lek­ker nie,” sê S­chus­ter.

Fo­to: DENZIL MAREGELE

Alf­red N­tom­be­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.