S­kiet­dood: Te veel wa­pens in SA, sê mi­nis­ter

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, het sy skok en hart­seer oor die s­kiet­dood van Mand­la Hlatshwa­yo, ’n om­roe­per van Jo­zi FM wat voor­heen in die se­pie Ge­ne­ra­ti­ons op­ge­tree het, uit­ge­spreek.

Hlatshwa­yo is Son­dag­aand in ’n ge­wa­pen­de roof­tog by ’n kroeg in So­we­to dood­ge­skiet.

“Dit is baie hart­seer om een van die rol­mo­del­le van ons sa­me­le­wing op so ’n ma­nier te ver­loor juis wan­neer die land se jeug hul­le so drin­gend vir in­spi­ra­sie no­dig het,” sê M­ba­lu­la in ’n ver­kla­ring.

Die aan­tal vuur­wa­pens wat in Suid-A­fri­ka in om­loop is, is kom­mer­wek­kend en hy gaan hom daar­voor be­y­wer om die wets­ont­werp wat die im­pak van vuur­wa­pens op die sa­me­le­wing en be­per­kings op die uit­rei­king van vuur­wa­pen­li­sen­sies re­gu­leer, deur te voer, sê M­ba­lu­la.

“Daar moet min­der vuur­wa­pens in om­loop wees, min­der wa­pens, wet­tig én on­wet­tig, moet ver­sprei word.”

Hy het die ver­se­ke­ring ge­gee dat die po­li­sie al­les in die stryd werp om Hlatshwa­yo se moor­de­naars aan te keer.

Hy het sy mee­ge­voel met Hlatshwa­yo se luis­te­raars, kol­le­gas, vrien­de en fa­mi­lie uit­ge­spreek.

Vol­gens kapt. Hit­ler Mg­we­nya, po­li­sie­woord­voer­der, het vier mans om­streeks 23:00 die Me­li Loun­ge in Pim­vil­le bin­ne­ge­gaan en be­gin skiet.

Hlatshwa­yo en nog ’n man het glo pro­beer om die slag­of­fers te hulp te snel toe hul­le ge­skiet is. Hlatshwa­yo is nood­lot­tig ge­wond.

Hlatshwa­yo het in die 1990’s sy tan­de in die te­a­ter ge­slyp en in 1996 in Soul Ci­ty op te­le­vi­sie ge­de­bu­teer.

Fo­to: JO­ZI FM, TWITTER

Mand­la Hlatshwa­yo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.