‘Duik­slag, gooi­e­ry kon tot dood lei’

Pyn­stil­ler dra dalk by tot sterf­te, sê dok­ter

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

’n Duik­slag en ’n stoei­be­we­ging waar­mee die twee slag­of­fers van die vi­gi­lan­te-moorde by Pa­rys glo her­haal­de­lik op die grond ge­gooi is, kon tot hul dood ge­lei het.

Die stoei­be­we­ging kan tot erns­ti­ge be­se­rings en selfs die dood lei, het dr. Bu­ang Lai­ri gis­ter in die rond­gaan­de hof in Pa­rys ge­tuig.

Hy het die lyk­skou­ings op Si­mon Ju­be­ba (37) en Sa­mu­el T­jixa (28) ge­hou en Vry­dag ge­sê al­bei mans is weens brein­be­se­rings dood.

Adv. Hans de Bruin, vir die ver­de­di­ging, het gis­ter in Lai­ri se kruis­on­der­vra­ging ge­sê daar is be­ë­dig­de ver­kla­rings deur oog­ge­tui­es wat be­weer men­se wat nie van­dag in die be­skul­dig­de­bank staan nie, het die duik­slag uit­ge­voer en Ju­be­ba en T­jixa ge­gooi.

De Bruin het aan die hof ge­sê een van die twee mans wat op 7 Ja­nu­a­rie ver­le­de jaar dood is, was by sy aan­koms by die Pa­rys-hos­pi­taal by sy vol­le be­wus­syn.

Hy is eg­ter die vol­gen­de og­gend dood. Lai­ri het aan die hof ver­dui­de­lik ’n so­ge­naam­de hel­der oom­blik kom soms by ie­mand met brein­be­se­rings voor.

Dit kon daar­toe ge­lei het dat die dok­ter aan diens T­jixa se be­se­rings ver­keerd ge­di­ag­no­seer het.

Lai­ri het ge­tuig dit was vir hom vreemd dat net Ju­be­ba na Bloem­fon­tein oor­ge­plaas is ter­wyl

al­bei mans die­self­de soort be­se­rings ge­had het.

Lui­dens die hos­pi­taal­ver­slag is o­pi­a­te as pyn­stil­ler aan T­jixa ge­gee en dit kon tot sy dood by­ge­dra het, het Lai­ri ge­tuig. ’n Pa­si­ënt met brein­be­se­rings moe­nie me­di­sy­ne kry wat brei­nak­ti­wi­teit on­der­druk nie.

Lui­dens T­jixa se hos­pi­taal­lê­er was hy op 7 Ja­nu­a­rie om­streeks 12:30 nog reg. 06:00 was hy dood.

Lai­ri ver­moed T­jixa het in

’n ko­ma ver­val.

Ju­be­ba en T­jixa is op 6 Ja­nu­a­rie 2016 deur boe­re en an­der le­de van die ge­meen­skap in heg­te­nis ge­neem na­dat Loe­die van der West­hui­zen, ’n be­jaar­de boer van die Wei­veld-om­ge­wing bui­te Pa­rys, ’n nood­knop­pie ge­druk het.

De Bruin het gis­ter aan die hof ge­sê ’n staats­ge­tuie sal glo ge­tuig An­ton Log­gen­berg (50), een van die be­skul­dig­des, het op een van die oor­le­de­nes se kop ge­trap.

Lai­ri het in die kruis­on­der­vra­ging toe­ge­gee as dit waar is, moes daar mer­ke aan die slag­of­fer se kop ge­wees het.

“Ek het nie sul­ke mer­ke aan die mans se kop­pe ge­kry nie,” het Lai­ri ge­sê.

Lai­ri het op ’n vraag van De Bruin ge­sê hy kan nie sê of die twee mans met ’n e­lek­trie­se skok­stok op die ge­slags­de­le ge­skok is nie.

Daar was geen mer­ke nie, maar e­lek­trie­se skok­ke laat nie al­tyd mer­ke aan ’n mens se lyf nie.

Van die staats­ge­tui­es sal glo ge­tuig kapt. Henk Prins­loo (47), ook ’n be­skul­dig­de, het die twee mans met ’n skok­stok ge­mar­tel.

Hy, Log­gen­berg, Boe­ta van der West­hui­zen (47), Cor Log­gen­berg (20), Loe­die van der West­hui­zen jr. (19) en Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23) word van moord op T­jixa en Ju­be­ba aan­ge­kla.

Fo­to: A­LET VAN DER WALT

Dr. Bu­ang Lai­ri ge­tuig gis­ter. Links is adv. Hans de Bruin, vir die ver­de­di­ging, en regs die tolk Je­re­mi­ah Tol­lie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.