Ha­re op Mar­li nie Hen­ri s’n, hoor hof

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Die ha­re wat op Mar­li van B­re­da se han­de en kle­re ge­kry is, kan nie haar broer Hen­ri s’n wees nie, en dit kan be­te­ken dat hy as ver­dag­te uit­ge­ska­kel word, het die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad gis­ter ge­hoor.

Lt.kol. Hen­ry S­tewart, ’n fo­ren­sie­se we­ten­skap­li­ke van die po­li­sie, het vroe­ër in sy on­der­soek be­vind die ha­re wat op Mar­li se han­de ge­kry is, is soort­ge­lyk aan Hen­ri s’n.

Adv. Pie­ter Bo­tha, vir die ver­de­di­ging, het S­tewart gis­ter in Van B­re­da se ver­hoor daar­oor ge­vra: “So wat is die kan­se dat daai ha­re van my kli­ënt se kop ge­kom het? Nul?”

S­tewart het ge­ant­woord: “Ja, ek aan­vaar dit.”

Bo­tha het ge­sê die be­wy­se van ha­re op Mar­li se kle­re is baie be­lang­rik vir die staat se saak en as ’n mens na die fo­to’s van Hen­ri kyk, sou ’n mens hom as ver­dag­te uit­ska­kel (om­dat die ha­re se leng­te ver­skil).

S­tewart het weer saam­ge­stem. “’n Mens sou hom dan as ver­dag­te uit­ska­kel, ja.”

Van B­re­da ont­ken skuld op aan­klag van moord op sy ou­ers, Mar­tin en Te­re­sa, en broer, Ru­di, as­ook aan­klag van po­ging tot moord op Mar­li en van regs­ver­y­de­ling.

Bo­tha het ver­gro­te fo­to’s aan S­tewart ge­wys waar­op ha­re op al­bei Mar­li se han­de ge­sien kan word.

Dié ha­re, as­ook ha­re wat op haar hemp en broe­kie ge­vind is, is vol­gens die staat se saak as be­wys­stuk­ke aan S­tewart ge­stuur vir ont­le­ding. Ha­re wat op ’n kus­sing en die byl ge­kry is en

soort­ge­lyk aan Mar­tin en Te­re­sa s’n is, is ook ont­leed.

Bo­tha het ver­wys na ’n ver­kla­ring van ene dr. Pot­gie­ter wat Mar­li op 27 Ja­nu­a­rie be­han­del het. Lui­dens die ver­kla­ring het die dok­ter net na­el­skraap­sels en na­els aan­ge­meld as be­wys­stuk­ke wat hy aan die po­li­sie oor­han­dig het, nie ha­re nie.

Bo­tha wou by S­tewart weet of die ha­re wat op Mar­li se han­de ge­kry is, lan­ger as 200 mm kan wees. S­tewart het dit be­ves­tig.

Hy het ’n der­de fo­to aan S­tewart ge­wys, een van Hen­ri wat die og­gend van 27 Ja­nu­a­rie ge­neem is. Op die fo­to kan ’n mens sien Hen­ri het kort ha­re.

Bo­tha het ge­sê die fo­to wys Hen­ri se ha­re kon nie lan­ger as 30 mm ge­wees het nie. S­tewart het dit toe­ge­gee.

“Sy ha­re kon toe tus­sen 50 mm en 80 mm ge­wees het,” het Bo­tha ge­sê.

Vol­gens Bo­tha s­ka­kel dié ver­ge­ly­king Hen­ri uit as ver­dag­te. S­tewart het weer saam­ge­stem.

Die ver­hoor duur voort.

Fo­to: JACO MA­RAIS

Hen­ri van B­re­da gis­ter met kor­ter ha­re in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.