Fiets­ry­er vei­lig ná lor­rie hom haak

Beeld - - Nuus -

’n Fiets­ry­er is blyk­baar on­ge­deerd na­dat sy baad­jie aan ’n paal op ’n vrag­mo­tor in die oos­te van P­re­to­ria vas­ge­haak het.

Hy is op die skou­er van So­lo­mon Mahlangu­ry­laan van sy fiets af­ge­ruk en het aan die vrag­mo­tor vas­ge­klou, sê Ni­col van der Walt, ’n ei­en­doms­a­gent van Re/Max.

“Dit het ge­lyk as­of die vrag­mo­tor­be­stuur­der nie ge­weet het wat aan­gaan nie en aan­hou ry het,” sê Van der Walt.

“Die fiets­ry­er het vas­ge­klou en sy be­ne in die lug op­ge­trek so­dat hy nie ge­sleep word nie ter­wyl mo­to­ris­te ge­toet het om die vrag­mo­tor­be­stuur­der se aan­dag te pro­beer trek.”

Van der Walt sê ’n mo­to­ris het voor die vrag­mo­tor in­ge­trek en die be­stuur­der ge­dwing om die vrag­mo­tor tot stil­stand te bring.

“Die fiets­ry­er kon toe sy baad­jie los­kry.”

Van der Walt sê dit het ge­lyk as­of die fiets­ry­er ver­ward en ge­skok is, maar nie be­seer is nie. – News24

’n Fiets­ry­er klou gis­ter­og­gend aan ’n vrag­mo­tor op So­lo­mon Mahlangu­ry­laan in die oos­te van P­re­to­ria na­dat sy baad­jie deur die vrag­mo­tor ge­haak is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.