Man vas weens moord op 3­ja­ri­ge

Beeld - - Nuus - – De­ni­que S­mith

’n 40-ja­ri­ge man wat glo deur kring­te­le­vi­sie­ka­me­ras op­ge­neem is in die om­ge­wing waar die ly­kie van ’n kleu­ter van El­sies­ri­vier in Kaap­stad ge­vind is, is in heg­te­nis ge­neem.

Die beeld­ma­te­ri­aal wys vol­gens ’n bron ’n man met ’n plas­tiek­sak in die om­ge­wing van Bo­fors­sir­kel in die Ep­ping-ny­wer­heids­ge­bied waar Court­ney Pie­ters (3) se lyk Sa­ter­dag­mid­dag in ’n vlak graf ge­vind is.

Die man het glo twee keer te­rug­ge­gaan om Court­ney se ly­kie met bla­re en tak­ke toe te maak.

Dit is skaars ’n straat­blok van haar huis af.

Die man is eer­gis­ter­aand in heg­te­nis ge­neem, het die po­li­sie gis­ter be­ves­tig.

Court­ney is op 4 Mei as ver­mis aan­ge­meld na­dat sy glo bui­te ge­speel het.

Sy is laas deur ’n man van iets in die 30 ge­sien wat ’n ka­mer in haar ou­er­huis huur toe sy saam met hom TV ge­kyk het.

Hy sê sy het daar­na bui­te gaan speel.

Gis­ter het be­ra­ders haar ge­sin by­ge­staan.

Court­ney Pie­ters Fo­to: SON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.