Vrou sterk aan ná man haar skiet

Beeld - - Nuus - – Seug­net van Zyl

Die pri­va­te speur­der Mi­ke Bol­huis se a­gent­skap en fa­mi­lie­le­de van Try­sie Co­le­man hou wag voor haar hos­pi­taal­ka­mer in Jo­han­nes­burg waar sy aan­sterk se­dert sy glo per on­ge­luk deur haar man ge­skiet is.

Bol­huis, woord­voer­der van Try­sie (58) se fa­mi­lie, sê sy het haar be­wus­syn die na­week her­win.

Die Del­mas-po­li­sie het reeds haar ver­kla­ring in die hos­pi­taal af­ge­neem en sy span werk met hul­le saam aan die saak, sê Bol­huis.

Try­sie is op 5 Mei in die vroeë og­gend­u­re deur dr. Jes­se Co­le­man (69), ’n vee­arts, in hul plaas­huis tus­sen Del­mas en Bronk­horst­spruit in die buik ge­skiet. Jes­se sê hy het ge­meen sy is ’n in­bre­ker.

Ver­le­de week is ’n hof­be­vel uit­ge­reik om Jes­se te ver­hin­der om Try­sie in die hos­pi­taal te be­soek en om te ver­hoed dat daar in die on­der­soek in­ge­meng kan word.

Try­sie se fa­mi­lie ver­moed ’n mis­daad is ge­pleeg en het Mi­ke Bol­huis S­pe­ci­a­li­sed Se­cu­ri­ty Ser­vi­ces in­ge­roep.

Try­sie Co­le­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.