3 gou aan­ge­keer ná boer ge­skiet is

Beeld - - Nuus - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Boe­re en mis­daad­be­stry­ders het in ’n jap­trap drie mans aan­ge­keer na­dat ’n man gis­ter vroeg­og­gend deur sy slaap­ka­mer­ven­ster in die Roed­tan-dis­trik in Lim­po­po ge­skiet is.

Sam Li­ver­sa­ge (68) is in die bors ge­tref en na ’n hos­pi­taal in Po­lo­kwa­ne ge­haas.

Hy het baie bloed ver­loor en is in ’n be­denk­li­ke toe­stand.

Sy vrou, Mei­sie, is on­ge­deerd.

Boe­re van die om­ge­wing het paaie toe­ge­sit ter­wyl spoor­sny­ers van die He­ri­ta­ge Pro­tecti­on Group (HPG), ’n mis­daad­be­stry­dings­or­ga­ni­sa­sie, die mis­da­di­gers se spo­re ge­volg het.

Men­se met pri­va­te he­li­kop­ters het help soek en die drie mans is aan­ge­keer.

Sak­kie Lou­w­rens van HPG sê ’n wa­pen is by een van die mans ge­kry.

Hul­le kom glo van Zim­bab­we af.

Sam Li­ver­sa­ge

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.