Een sterf in ka­ping by O.R. Tam­bo

Beeld - - Nuus -

’n Man is gis­ter na­by die O.R. Tam­bo-lug­ha­we dood­ge­skiet na­dat twee mo­tors sy­ne op pad daar­heen van die pad pro­beer druk het.

Die moor­de­naars het daar­na met die oor­le­de­ne se voer­tuig, met ses sa­ke­men­se nog daar­in, weg­ge­jaag, sê brig. Sal­ly de Beer, na­si­o­na­le po­li­sie­woord­voer­der.

Die ses is van sel­fo­ne en an­der be­sit­tings be­roof voor­dat hul­le in R­ho­des­field, Kemp­ton Park, af­ge­laai is.

Nick Gil, ’n mo­to­ris, het ’n vi­deo van die voor­val op so­si­a­le me­dia ge­deel. Vol­gens hom het die ben­de AK47-aan­vals­ge­we­re ge­bruik.

T­re­vor Jo­nes, woord­voer­der van die Lug­ha­wens­maat­skap­py van Suid-A­fri­ka, sê die voor­val het plaas­ge­vind op die R24-kring­pad wat na die lug­ha­we se aan­koms- en ver­trek­sa­le lei.

Lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne, waar­ne­men­de po­li­sie­hoof, be­loof die po­li­sie sal ’n deeg­li­ke on­der­soek na die voor­val doen. – Ü­gen Vos

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.