Koe­pons help teen koue

Beeld - - Nuus - Si­mon Son­ne­kus

Met die Win­ter­hoop-pro­jek van­jaar kan men­se ha­we­lo­ses met koe­pons help om teen die koue en hon­ger te veg.

Men­se en on­der­ne­mings kan koe­pon­boe­kies (met tien koe­pons elk) teen R50 koop en aan ha­we­lo­ses gee.

Ha­we­lo­ses kan met dié koe­pons warm skui­ling en ’n be­hoor­li­ke bord kos “koop”.

“Men­se is bang om ha­we­lo­ses geld te gee, want hul­le weet dik­wels nie waar­voor dit aan­ge­wend word nie. Met Win­ter­hoop word be­staan­de or­ga­ni­sa­sies se krag­te saam­ge­span om te ver­se­ker dat geld en hulp­bron­ne op ’n ver­ant­woor­de­li­ke wy­se uit­ge­gee word,” sê Linda Loubser, na­si­o­na­le ad­mi­nis­tra­teur van Win­ter­hoop.

Dié pro­jek, wat in 2001 be­gin het, word deur Mould Em­po­wer Ser­ve (MES) in Jo­han­nes­burg, die lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie PEN in P­re­to­ria, To­rings van Hoop in Bloem­fon­tein en I­sinkwa Set­he­ku in K­waZu­lu-Na­tal be­dryf.

Dit het meer as 200 af­laai­pun­te land­wyd waar­heen men­se sken­kings kan bring.

Die pro­jek be­gin jaar­liks op 1 Ju­nie. Suid-A­fri­ka­ners word ge­vra om ba­sie­se win­ters­be­no­digd­he­de, soos jas­se, ser­pe, hand­skoe­ne E­li­za­beth Bey­ers is een van die men­se wat baat vind by die pro­jek.

en nie­be­derf­ba­re kos, in te sa­mel, as­ook e­ni­ge an­der i­tems wat ge­bruik kan word om die erg­ste win­ter­koue af te weer.

“Daar is ’n baie groot be­hoef­te aan so ’n pro­jek. Ons span krag­te saam met wel­syn­or­ga­ni­sa­sies wat in­fra­struk­tuur het om sken­kings, soos ser­pe, mus­se, kom­ber­se en skui­ling vir men­se wat dit no­dig het, uit te deel,” sê Loubser.

Pie­ter Bosch, ’n pro­gram­be­stuur­der vir ar­moe­de­ver­lig­ting in Hil­l­brow, sê men­se wat ’n bord kos kom haal, is ge­woon­lik des­pe­raat, maar stap ná hul ete met hoop weg.

“Hul­le kom hier aan in ’n moe­de­lo­se si­tu­a­sie, maar wan­neer hul­le uit­loop, sê hul­le daar steek nou ’n bie­tjie hoop vas.

“Hier is men­se, ’n ge­meen­skap en ’n si­tu­a­sie wat vir hul­le om­gee en ’n plek gee waar hul le­we ’n bie­tjie ver­lig kan word en hul­le meer hoop kan kry in die le­we.”

E­li­za­beth Bey­ers (48), ’n ha­we­lo­se wat by Win­ter­hoop baat vind, sê sy is ge­se­ën deur die pro­jek.

Haar man en ’n vrien­din, wat blyk­baar al­bei dwelm­ver­slaaf­des was, het haar op straat ge­sit, sê sy.

“Ek is el­ke dag hier en bly nou al ’n wy­le in die skui­ling hier in Hil­l­brow.

“Ek vee nou die stra­te vir R60 vir vier uur se werk. Nie­mand hou daar­van om op die straat te slaap nie en die men­se help ons hier. Die pro­jek help my en gee my hoop,” sê Bey­ers.

Met Win­ter­hoop word be­staan­de or­ga­ni­sa­sies se krag­te saam­ge­span om te ver­se­ker dat geld en hulp­bron­ne op ’n ver­ant­woor­de­li­ke wy­se uit­ge­gee word.

— LINDA LOUBSER

Die pak­kie koe­pons waar­mee be­hoef­ti­ges ge­help kan word. Fo­to’s: SI­MON SON­NE­KUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.