Ál meer jong vroue kry MIV

Re­ge­ring gaan nou fo­kus op voor­ko­ming

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Weens die skerp toe­na­me in die MIV-in­fek­sie­vlak on­der mei­sies en vroue van tus­sen 15 en 24 moes die re­ge­ring sy strategie in die stryd teen die vi­rus en vigs dras­ties verander.

Dié vroue en mei­sies se kans om be­smet te word, is nou tus­sen vier en agt keer so groot as dat mans in die­self­de ou­der­doms­groep be­smet sal word, sê dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di, mi­nis­ter van ge­sond­heid.

Hy en dr. Pa­li Le­hohla, sta­tis­ti­kus-ge­ne­raal, het die be­vin­dings in die jong­ste na­si­o­na­le me­nings­pei­ling oor die ge­sond­heids­de­mo­gra­fie van die land gis­ter in P­re­to­ria uit­ge­reik.

Lui­dens die ver­slag kry Suid-A­fri­ka­ners al hoe min­der kin­ders. S­te­de­li­ke vroue kry ge­mid­deld so­wat 2,4 en dié in lan­de­li­ke ge­bie­de 3,1. Dit is ’n soort “de­mo­gra­fie­se win­ter”, sê Le­hohla.

Die ge­tal tie­ner­swan­ger­skap­pe is se­dert 1998 kon­stant – 71 uit el­ke 1 000 swan­ger vroue – wat die mi­te ver­keerd be­wys dat tie­ners swan­ger word om kin­der­toe­lae te kry, sê hy.

58% van die vroue en 65% van die mans wat in die af­ge­lo­pe 12 maan­de met meer as twee men­se seks ge­had het, het aan­ge­dui dat hul­le kon­do­me ge­bruik het.

Lui­dens die ver­slag het kin­der­sterf­tes van 1998 tot 2016 met 20% af­ge­neem.

Daar is be­vind 68% van die land se vroue en 31% van die mans is vet­sug­tig, ter­wyl die voor­koms van hoë bloed­druk toe­ge­neem het.

Mot­so­a­le­di sê die ver­slag sal sy de­par­te­ment se werk ver­ge­mak­lik om­dat hy nou weet waar die pro­ble­me lê.

Hy en adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa het op 31 Maart ’n nu­we na­si­o­na­le strategie teen MIV/vigs be­kend ge­stel.

Hy sê die stryd teen MIV/vigs is baie suk­ses­vol. Baie meer men­se het toe­gang tot an­ti­re­tro­vi­ra­le mid­dels, die le­wens­ver­wag­ting is ho­ër en die oor­drag van ma na kind en kin­der­sterf­tes het dras­ties af­ge­neem.

“Ons het wel waar­ge­neem dat Suid-A­fri­ka mis­luk wat in­gry­ping in so­si­a­le ge­drag be­tref.”

Dit is waar­op die fo­kus van die nu­we stra­te­gie­se plan nou is. Dit gaan oor voor­ko­ming en dit is die re­de waar­om die re­ge­ring sy She Con­quers-veld­tog, waar­aan R3 mil­jard be­stee sal word, be­kend ge­stel het. Dit fo­kus op vroue van 15 tot 24 jaar oud.

Vol­gens Mot­so­a­le­di is daar vas­ge­stel dat 80% van die MIV/vigs­ge­val­le in net 27 van die 52 dis­triks­mu­ni­si­pa­li­tei­te is. Dit sluit al agt die me­tro’s in, maar is die erg­ste in K­waZu­lu-Na­tal. “Dit is waar­om ons ook nou hier­die dis­trik­te tei­ken.”

Dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di Fo­to: LUCKY MORAJANE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.