Ka­rel S­choe­man eers la­ter ver­as

Beeld - - Nuus -

Dit kan nog tot ’n maand duur voor­dat Ka­rel S­choe­man se lyk be­skik­baar ge­stel word om ver­as te word.

Carl van Rens­burg, S­choe­man se pro­ku­reur, sê hy wag dat die mees­ter van die hoog­ge­regs­hof hom as ek­se­ku­teur aan­stel.

“Eers dan kan sy lyk vry­ge­stel word en dán eers kan die ver­as­sing ge­re­ël word,” het hy gis­ter ge­sê.

Je­mi­na Me­ko, die vrou wat S­choe­man die af­ge­lo­pe ne­ge jaar ver­sorg het, is die hoof­be­guns­tig­de van sy boe­del, wat nou in ’n trust ge­plaas sal word.

Me­ko se sus­ters­kind, To­ke­la Le­ku­la, se naam word ook ge­noem ten op­sig­te van huis­ves­ting, skool­geld en lo­sies.

In­tus­sen het die vraag na S­choe­man se boe­ke ná sy dood toe­ge­neem.

Chanele Roodt, ’n boek­ver­ko­per in die Pro­tea-boek­win­kel in Bloem­fon­tein, sê baie men­se wil S­choe­man se boe­ke weer lees.

“Ka­rel S­choe­man was en sal al­tyd ge­wild bly. Men­se be­sef die waar­de van sy skryf­werk. Ons kry baie men­se wat sy boe­ke op skool laas ge­lees het en dit nou weer wil lees.”

Ons kry baie men­se wat sy boe­ke op skool laas ge­lees het en dit nou weer wil lees. — CHANELE ROODT

Chanele Roodt, as­sis­tent in die Pro­tea­boek­win­kel in Bloem­fon­tein, sê se­dert S­choe­man se dood is daar ’n gro­ter vraag na sy boe­ke en kry die win­kel ge­reeld na­vrae daar­oor. Fo­to: MLUNGISI LOUW

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.