Maak se­ker jy sê jou sê oor be­stuurs­plan vir die Kru­ger­wild­tuin

Beeld - - Nuus - – A­let Jou­bert

Gau­ten­gers kan van mô­re af ’n stui­wer in die arm­beurs gooi oor die be­stuurs­plan vir die Kru­ger­wild­tuin.

Ver­ga­de­rings sal ook in on­der meer P­re­to­ria en Kemp­ton Park ge­hou word.

Krag­tens wet moet be­stuurs­plan­ne el­ke tien jaar her­sien word.

“Die eer­ste be­stuurs­plan is in 2008 goed­ge­keur, maar oor­leg­ple­ging was be­perk om­dat dit hoof­saak­lik in Lim­po­po en M­pu­ma­lan­ga ge­doen is,” sê G­lenn P­hil­lips, uit­voe­ren­de be­stuurs­hoof van die wild­tuin.

“Ons wil dié keer so­veel moont­lik men­se in­sluit, daar­om be­soek ons meer pro­vin­sies so­dat hul me­ning in ag ge­neem kan word vir die be­stuurs­be­leid vir die vol­gen­de tien jaar,” sê P­hil­lips.

Be­lang­stel­len­des wat nie die ver­ga­de­rings kan by­woon nie, kan hul­le as rol­spe­lers re­gis­treer en hul me­ning lug op San­par­ke se web­werf of Du­du Letswe­le in werk­tyd by 013 735 4102 bel.

Die e-pos­a­dres vir na­vrae is knp­ma­na­ge­ment­plan@san­parks.org.

Die da­tums vir die ver­ga­de­rings is: ■ Woens­dag 24 Mei 09:00 in die S­trand To­wer-ho­tel in Kaap­stad;

■ Don­der­dag 25 Mei 09:00 in die Man­hat­tan-ho­tel in P­re­to­ria;

■ Vry­dag 26 Mei 08:00 in die A­vi­a­tor­ho­tel in Kemp­ton Park; en

■ Sa­ter­dag 27 Mei 09:00 in die Ing­we­nya­ma-lod­ge in Wit­ri­vier.

Die ver­ga­de­ring wat mô­re in Dur­ban sou plaas­vind, is vol­gens San­par­ke op ver­soek van be­lang­heb­ben­des tot ver­de­re ken­nis­ge­wing uit­ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.