Twee sterf toe hul­le in wild­tuin wou stroop

Beeld - - Nuus - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

’n Ver­meen­de re­nos­ter­stro­per is Son­dag­mid­dag in ’n oor­en-weer-skie­te­ry met veld­wag­ters in die Kru­ger­wild­tuin dood.

Lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê veld­wag­ters het vier mans in die Ma­ri­ten­ga-blok in die Pun­da Ma­ria-ge­bied op­ge­merk en hul­le voor­ge­keer.

In die skie­te­ry is ’n 48-ja­ri­ge man nood­lot­tig ge­wond. Sy naam is nog nie be­kend ge­maak nie.

Die res het vier sak­ke vol pan­gas, by­le en bot­tels laat val toe hul­le laat spaan­der het.

N­goe­pe sê die veld­wag­ters het die Sa­se­la­ma­ni-po­li­sie­kan­toor na­by Giy­a­ni om hulp ge­bel.

Die po­li­sie het ook op twee jag­ge­we­re en am­mu­ni­sie be­slag ge­lê.

’n Groot soek­tog is be­gin om die drie mans op te spoor. Dit is on­dui­de­lik of die mans wel re­nos­ters ge­kwes of ge­stroop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.