’n Na­sie ge­dryf teen die voet van ’n krans . . .

Beeld - - Kommentaar -

Ek staan in die Brook­lyn-po­li­sie­kan­toor. Dis laat­aand. Ek moet ’n bot­sings­ver­slag­nom­mer kry vir ’n klein on­ge­luk waar­in ek die og­gend be­trok­ke was. Die aan­klag­kan­toor is leeg.

Links van my staan ’n vrou be­sig om ’n ver­kla­ring af te lê, want daar is in Sun­ny­si­de by haar mo­tor in­ge­breek. Op die hout­bank ag­ter my sit ’n pa en seun hul beurt en af­wag.

So ’n po­li­sie­kan­toor is maar kil. Die buis­lig teen die dak se een buis is uit en ’n flou­e­ri­ge lig val oor al die moord-, roof-, ver­krag­ting- en dief­stal-dos­sie­re op die rak ag­ter die toon­bank.

Die ser­sant staan voor my en ek moet my ver­kla­ring af­lê. Ag­ter teen die muur hang ’n ge­raam­de fo­to van ons pre­si­dent. Juis hier in die kan­toor waar­in reg en ge­reg­tig­heid be­slag moet kry. Ek voel hart­seer. Moet ’n mens dan nie re­spek hê vir die lei­er van jou land nie?

Die of­fi­sier skuif ’n pen en pa­pier na my toe oor die toon­bank. Ek lig die pen op om my ver­kla­ring neer te skryf. Ek moet skryf oor die on­ge­luk, oor die man wat in my vas­ge­ry het, maar my pen wil

’n an­der koers neem.

My pen is by die fo­to van ons pre­si­dent wat hang teen die muur.

Hier­mee ver­klaar ek, ’n lands­bur­ger van die Re­pu­bliek van Suid-A­fri­ka, woon­ag­tig te Sett­lers,

Lim­po­po, on­der eed dat daar ’n on­reg teen my en el­ke lands­bur­ger in Suid-A­fri­ka ge­pleeg word.

Die po­li­sie­vrou, ’n ad­ju­dant, wat om 22:00 nog ag­ter die ta­fel sit en saak­nom­mers in die sa­ke­re­gis­ter skryf, moet van­aand nog met ’n taxi tot in die mid­de­stad van P­re­to­ria ry en van daar ’n mu­ni­si­pa­le bus neem tot by haar huis in Ham­mans­kraal om teen die mid­der­nag­te­li­ke ure eers by haar ge­sin uit te kom.

Dit ter­wyl ons pre­si­dent se ka­bi­nets­mi­nis­ters met mil­joe­ne ran­de se amps­mo­tors rond­ry. Op pad na die po­li­sie­kan­toor maak te veel be­de­laars bak­hand teen my ruit.

Een van die dae kom die wind oor die Gars­berg om sy tan­de in hul dun hem­pies te slaan. Te veel no-mo­ney-no-food-no-job-men­se dwaal in die stad rond ter­wyl ons land se mi­nis­ters oor­da­di­ge hoe­veel­he­de geld be­stee aan oor­se­se be­soe­ke en glans­ge­sel­lig­he­de.

Daar in die po­li­sie­kan­toor in Brook­lyn dink ek toe aan Da­nie, wat met sy ge­sin, twee kof­fers, ’n tent en ’n vis­stok ge­ë­mi­greer het.

Des­tyds toe hy sak en pak land­uit is, het ek ge­won­der of hy ou­kei gaan wees daar in die Out­back.

Maar daar in die aan­klag­kan­toor weet ek, on­danks ’n pre­si­dent wat hom doof hou vir die nood­kreet van ’n na­sie, dat ek nooit hier­die land per­ma­nent sal ver­laat nie.

Al weet ek men­se soos Da­nie hoef hul­le nooit te be­kom­mer oor hul land se geld­een­heid wat in duie stort nie.

Hul­le hoef ook nie ne­ge-uur die aand in ’n po­li­sie­kan­toor te staan en te weet dat die ska­de aan hul mo­tor en die on­ge­rief om dit te her­stel klein is ver­ge­le­ke met die leed van ’n na­sie wat deur sy eie pre­si­dent teen die voet van ’n krans ge­dryf word nie.

Maar daar in die aan­klag­kan­toor weet ek dat ek nooit hier­die land per­ma­nent sal ver­laat nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.