DA nie op ‘vis­vang­eks­pe­di­sie’ nie

Beeld - - Kommentaar -

Lo­ja­le ver­set, P­re­to­ria

As pres. Zu­ma wel sy ka­bi­net ge­skom­mel het om jong men­se aan te stel, (soos hy aan­voer) en sy be­sluit om Pra­vin Gord­han as mi­nis­ter te ont­slaan nie ge­grond is op ’n in­tel­li­gen­sie­ver­slag nie, dan het hy meer as een keer in die o­pen­baar ge­jok.

Zu­ma het tal­le ke­re in die o­pen­baar na die be­we­rings in die “in­tel­li­gen­sie­ver­slag” ver­wys as die re­de waar­om Gord­han sum­mier en tot groot ska­de van die he­le land te­rug­ge­roep is.

Die in­tel­li­gen­sie­ver­slag het ver­moe­de­lik nooit be­staan nie. Dit is moont­lik ’n do­ku­ment met val­se en on­ge­toets­te be­we­rings wat deur die Gup­tas aan Zu­ma ver­skaf is.

Die ka­bi­net­s­kom­me­ling waar­mee hy van Gord­han en M­ce­bi­si Jo­nas ont­slae ge­raak het, was vier dae na­dat Gord­han van die bui­te­land af te­rug­ge­roep is.

Die DA is dus nie op ’n “vis­vang­eks­pe­di­sie” as hul­le aan­voer dat die af­dan­kings op ’n in­tel­li­gen­sie­ver­slag ge­grond is nie.

Hul­le her­haal maar net die re­de wat Zu­ma self ver­skaf het vir sy te­rug­roe­ping van Gord­han.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.